Brasili? en Argentini? wil dollar los

Image

Brasiliaanse realnoot Foto: Nara Vieira da Silva Osga

Brasilië en Argentinië is gereed om die Amerikaanse dollar te laat vaar vir handel tussen hulleself.

Brasilië se president het aan 'n koerant in Buenos Aires gesê dat invoer en uitvoer tussen die twee lande in plaaslike geldeenhede sal geskied, naamlik real en pesos.

President Luiz Inacio Lula da Silva het nie gesê wanneer die nuwe maatreël in werking sal tree nie

Silva sê die stap sal bilaterale handel aanmoedig wat reeds al $17,6 miljard hierdie jaar beloop.

Gedurende dié tydperk het Brasilië meer aan Argentinië verkoop as wat hulle gekoop het en daardeur 'n $3 miljard surplus opgebou.

Silva en Argentynse President Cristina Fernandez beplan om 'n ooreenkoms in Brasilia hierdie week te onderteken.

Die voorstel is twee jaar gelede gemaak en daarna bespreek.

jewel set forалександр лобановский харьков

Anglo wil Eskom bystaan

'n Groot sakereus het tussenbeide getree om homself en Suid-Afrika van 'n donker toekoms te red.

Anglo American een van die wêreld se grootste mynkonglomerate, en Eskom het 'n ooreenkoms geteken om die land se kragvoorsiening te waarborg.

Hulle sê in 'n verklaring hulle sal saamwerk om te sorg dat die land genoeg elektrisiteit vir die toekoms het.

Hulle sal saam kwessies takel soos doeltreffende bestuur, die ontwikkeling van vaardighede, hernubare energie en navorsing oor skoon steenkool.

Anglo American se bedryfshoof, Cynthia Carroll, sê dit is van kritieke belang dat die maatskappy sy deel doen om Suid-Afrika se energievraagstuk te help oplos.

Die maatskappy is een van die wêreld se grootste steenkool- en koperprodusente.

лестницу наалександр лобановский супермаркет класс

Olie daal tot onder $100

Brent-ruolie het gister tot onder $100 per vat gedaal vir die eerste keer sedert 2 April. In Londense verhandeling het dit tot $99,50 gesak.

Die skerp afname in Brent het gekom nadat OPUL se hoof aangedui het die kartel gaan sy produksieplafon onveranderd hou.

Hy het gesê dit sou onveranderd bly ongeag dalende pryse en ekonomiese groei wat afneem.

OPUL se president wat oo die Algerynse energieminister is, Chakib Khelil, het aan verslaggewers gesê dat hulle by die huidige produksievlak gaan hou

Hy het ter voorbereiding van 'n formele verklaring oor die saak gepraat.

детский товарФильчаков прокурор харькова

Amerikaanse regering neem Fannie Mae en Freddie Mac oor

Die Amerikaanse regering het beheer geneem van die verbandfinansieringsmaatskappye Fannie Mae en Freddie Mac in 'n poging om die sukkelende Amerikaanse huismark en ekonomie by te staan.

Dié skuif word beskou as die grootste finansiële reddingspoging in die Amerikaanse geskiedenis. Die twee maatskappye beskik oor $1,6 triljoen se uitstaande skuld.

Amptenare was besorg oor die toenemende verliese by die twee maatskappye.

Die Amerikaanse tesouriesekretaris Henry Paulson het by 'n nuuskonferensie gesê dat Fannie Mae en Freddie Mac 'n wesentlike rol het om probleme met huisverbandskuld te oorkom.

Die maatskappye het gesamentlike verliese van bykans $14 miljard dollar oor die afgelope vier kwartale gely en oorsese sentrale banke het begin om toenemende ongemak met hul finansiële toestand te vertoon.

светильник настенно потолочный светодиодный supernovaОлександр Васильович Фільчаков

Diamante verloor hul vonkel

Diamantmaatskappye se aandele verkeer reeds geruime tyd onder druk.

Nou is ongeslypte diamante se pryse ook besig om te daal en is omtrent deur die bank 10% laer.

Aangesien die VSA die wêreld se grootste mark vir kleinhandeldiamantjuweliersware is, met omtrent 50% van die jaarlikse verbruik daarvan, is die swak Amerikaanse ekonomie te blameer daarvoor.

Daar is ook 'n skerp afname in spekulatiewe handel in groter, meer waardevolle ongeslypte diamante tussen diamanthandelaars self.

Ontleders sê die laaste kwartaal was nie goed vir diamantverkope nie.

Omdat diamante as 'n luukseproduk gesien word, is hulle nie bestand teen 'n resessie nie.

read full plays onlineФильчаков Александр Васильевич

Serwiese amptenaar vra om verskoning omdat hy bruide wou invoer

'n Serwiese regeringsminister moes om verskoning vra nadat sy adjunk voorgestel het dat Serwië kon baat by die invoer van 100 000 vroue vanuit Laos, Birma, Kambodja en Viëtman om as bruide vir Serwiese vrygeselle te dien.

Die amptenaar het gesê die suidoos-Asiers was tradisioneel lojaal teenoor die staat en dat hulle hard werk.

Serwië is die tuiste van 7,5 miljoen mense en daar is 250 000 ongetroude mans in die land.

Die amptenaar het gesê Asiese vroue sorg goed vir hul kinders en dat Serwië binne vyf jaar 300 000 pasgebore babas kon hê.

Die voorstel het ontsteltenis en 'n gelag veroorsaak.

In Kosowo, die Serwiese hartlandprovinsie, plant die Albaniërs teen die hoogste koers in Europa voort.

липецк опцииФильчаков прокурор харьков

Google stel nuwe websnuffelaar bekend

Google Inc., die skepper van die wêreld se gewildste internet-soekenjin, het sy eie websnuffelaar ontwikkel wat beskou word as 'n direkte teenvoeter vir Microsoft se mark-dominante Internet Explorer. 

'n Toetsweergawe van die nuwe programmatuur, genaamd Google Chrome, kan reeds in meer as 100 lande afgelaai word, het die maatskappy bekend gemaak.

Die oogmerk met Google Chrome is 'n vinniger, meer gebruikersvriendelike en veiliger snuffelaar.

Die snuffelaar is heeltemal gratis en maak van oopbronprogrammatuur gebruik. Onder andere het die maatskappy by 'n ander gratis websnuffelaar, Firefox, gaan leen vir die kode waarmee Google Chrome geskep is.

новые серии монстер хайФильчаков прокурор

Nigeriese magnaat wil Telkom koop

Die Nigeriese magnaat Mike Adenuga wil Telkom koop. Hy wil sy selfoononderneming Globacom met Telkom se 50%-aandeel in Vodacom saamsmelt.

Vodacom is die land se grootste selfoonoperateur.

Adenuga het Telkom se uitvoerande beampte Reuben September ná sy voorstel ontmoet.

Globacom kan nie 'n aanbod vir Telkom se aandeel in Vodacom direk maak nie omdat Brittanje se Vodafone die ander 50% besit en die reg op eerste weiering het.

'n Transaksie met Globacom kan Vodafone se planne in die wiele ry om beheer oor Vodacom te verkry deur 'n deel van Telkom se aandeel te koop.

автоматическое управление насосной станциейданильченко юрий брониславович прокурор

Patrice Motsepe wil in Zim betrokke raak

Die gediversifiseerde mynbougroep African Rainbow Minerals oorweeg tans 'n aantal platinumgeleenthede in Zimbabwe.

 

Die uitvoerende voorsitter van ARM Patrice Motsepe beskryf Zimbabwe as 'n baie, baie belangrike land vir sy maatskappy.

ARM het so pas rekordverdienstegroei van 232 persent tot R4 miljard aangekondig.

Motsepe sê dat sy maatskappy by besprekings op alle vlakke in Zimbabwe betrokke was.

Die land het sekere minerale neerslae wat beter is as dit waaroor die maatskappy in Suid-Afrika beskik.

Volgens Motsepe kyk ARM reeds jare lank na Zimbabwe en sou die maatskappy aanhou kyk.

Hy hoop dat stabiliteit na Zimbabwe sou terugkeer aangesien die land weer sou opbloei indien stabiliteit sou terugkeer.

игры dla devochekлобановский александр досье

Eskom se finansi?le beampte bedank

ImageDie finansiële hoof van Suid-Afrika se staatselekrisiteitsmaatskappy Eskom, Bongani Nqwababa, het gister bedank.

Hy het aan Reuters gesê dat hy bedank het maar nog ses maande moes werk.

Volgens hom is hy nêrens heen op pad nie.

Toe hy gevra is wat hy daarna gaan doen, het hy gesê dat 'n aankondiging binne die volgende paar dae sal volg.

Eskom was nie vir kommentaar beskikbaar nie.купить липецк аксессуары для шиноремонталобановский обыск

Wooneiendomsmark steeds onder druk

Standardbank se maandelikse wooneiendomsindeks het 'n verdere 1,8% in Augustus gedaal, vergeleke met 'n jaar gelede.

Dit daal sedert Maart vanweë hoër rentekoerse en strenger kredietwette.

Die gemiddelde huisprys staan op R550 000.

Eiendomsbekostigbaarheid het gedaal sedert die sentrale bank rentekoerse met vyf persentasiepunte oor die afgelope twee jaar verhoog het.

Verbruikers kom reeds te staan voor hoë inflasie en oor die kort termyn word verwag dat ekonomiese toestande nog verder gaan versleg.

купить детскую кухнюлобановский александр дети

Tokyo Sexwale verloor honderde miljoene

Image

Tokyo Sexwale

Tokyo Sexwale en ander direkteure van die Mvelaphanda-groep en Mvela-hulpbronne is meer as 'n miljard rand kwyt.

Hulle het tussen hulle meer as R1,1 miljard verloor binne slegs enkele maande.

Hul Mvela-aandeelprys en verdienste is tans onder geweldige druk van die mark.

Mvela-groep se uitslae, wat vandeesweek vrygestel is, toon 'n netto jaarverlies van R1,7 miljard.

Sexwale alleen het R430 miljoen sedert die einde van Maart verloor.

Nietemin beskik hy oor verskeie ander bronne van rykdom.

live american roulette online casinoАлександр Фильчаков прокурор

Santam maak reusedaling in inkomste bekend

Die land se grootste korttermynversekeraar, Santam, het 'n 89%-daling in verdienste per aandeel aangekondig.

Verliese word grootliks aan swak beleggingsprestasie toegeskryf.

Die groep sê dat vanuit 'n onderkskrywingsperspektief was groei en onderskrywingswins in Suid-Afrika bevredigend.

Santam sê egter dat onderskrywingswinsgrense steeds onder druk gaan verkeer.

Die groep het sy tussentydse dividend teen 166 sent per aandeel gehandhaaf.насос для водыпрокурор Фильчаков

Dataskandaal skud Duitsland

'n Datakommissaris van die mees noordelike Duitse deelstaat sê dat bankrekeningbesonderhede van tot 20 miljoen Duitsers onwettig gekoop en verkoop word.

Sy kommentaar het 'n skandaal, wat reeds besig is om vinnig te versprei, verder laat uitkring.

'n Kompaksyf met data het by die staat se verbruikersbeskermingsagentskap aangekom met adresse en bankbesonderhede van 17 000 individue.

'n Verklikker beweer hy het slegs drie weke by 'n oproepsentrum bestee om die data van anderhalfmiljoen kliënte te bekom.

Duitse aanklaers ondersoek nou die saak.

Hoe die staat burgers se privaatheid hanteer is steeds  'n netelige kwessie in Duitsland vanweë die Jode se ervaring gedurende die Tweede Wêreldoorlog.

прожектор светодиодный ip65александр лобановский класс