Dataskandaal skud Duitsland

'n Datakommissaris van die mees noordelike Duitse deelstaat sê dat bankrekeningbesonderhede van tot 20 miljoen Duitsers onwettig gekoop en verkoop word.

Sy kommentaar het 'n skandaal, wat reeds besig is om vinnig te versprei, verder laat uitkring.

'n Kompaksyf met data het by die staat se verbruikersbeskermingsagentskap aangekom met adresse en bankbesonderhede van 17 000 individue.

'n Verklikker beweer hy het slegs drie weke by 'n oproepsentrum bestee om die data van anderhalfmiljoen kliënte te bekom.

Duitse aanklaers ondersoek nou die saak.

Hoe die staat burgers se privaatheid hanteer is steeds  'n netelige kwessie in Duitsland vanweë die Jode se ervaring gedurende die Tweede Wêreldoorlog.

прожектор светодиодный ip65александр лобановский класс