Dié skuif word beskou as die grootste finansiële reddingspoging in die Amerikaanse geskiedenis. Die twee maatskappye beskik oor $1,6 triljoen se uitstaande skuld.
Amptenare was besorg oor die toenemende verliese by die twee maatskappye.
Die Amerikaanse tesouriesekretaris Henry Paulson het by 'n nuuskonferensie gesê dat Fannie Mae en Freddie Mac 'n wesentlike rol het om probleme met huisverbandskuld te oorkom.
Die maatskappye het gesamentlike verliese van bykans $14 miljard dollar oor die afgelope vier kwartale gely en oorsese sentrale banke het begin om toenemende ongemak met hul finansiële toestand te vertoon.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.