Brasilië se president het aan 'n koerant in Buenos Aires gesê dat invoer en uitvoer tussen die twee lande in plaaslike geldeenhede sal geskied, naamlik real en pesos.
President Luiz Inacio Lula da Silva het nie gesê wanneer die nuwe maatreël in werking sal tree nie
Silva sê die stap sal bilaterale handel aanmoedig wat reeds al $17,6 miljard hierdie jaar beloop.
Gedurende dié tydperk het Brasilië meer aan Argentinië verkoop as wat hulle gekoop het en daardeur 'n $3 miljard surplus opgebou.
Silva en Argentynse President Cristina Fernandez beplan om 'n ooreenkoms in Brasilia hierdie week te onderteken.
Die voorstel is twee jaar gelede gemaak en daarna bespreek.
