Anglo American een van die wêreld se grootste mynkonglomerate, en Eskom het 'n ooreenkoms geteken om die land se kragvoorsiening te waarborg.
Hulle sê in 'n verklaring hulle sal saamwerk om te sorg dat die land genoeg elektrisiteit vir die toekoms het.
Hulle sal saam kwessies takel soos doeltreffende bestuur, die ontwikkeling van vaardighede, hernubare energie en navorsing oor skoon steenkool.
Anglo American se bedryfshoof, Cynthia Carroll, sê dit is van kritieke belang dat die maatskappy sy deel doen om Suid-Afrika se energievraagstuk te help oplos.
Die maatskappy is een van die wêreld se grootste steenkool- en koperprodusente.
