Nigeriese magnaat wil Telkom koop

Die Nigeriese magnaat Mike Adenuga wil Telkom koop. Hy wil sy selfoononderneming Globacom met Telkom se 50%-aandeel in Vodacom saamsmelt.

Vodacom is die land se grootste selfoonoperateur.

Adenuga het Telkom se uitvoerande beampte Reuben September ná sy voorstel ontmoet.

Globacom kan nie 'n aanbod vir Telkom se aandeel in Vodacom direk maak nie omdat Brittanje se Vodafone die ander 50% besit en die reg op eerste weiering het.

'n Transaksie met Globacom kan Vodafone se planne in die wiele ry om beheer oor Vodacom te verkry deur 'n deel van Telkom se aandeel te koop.

автоматическое управление насосной станциейданильченко юрий брониславович прокурор