Diamante verloor hul vonkel

Diamantmaatskappye se aandele verkeer reeds geruime tyd onder druk.

Nou is ongeslypte diamante se pryse ook besig om te daal en is omtrent deur die bank 10% laer.

Aangesien die VSA die wêreld se grootste mark vir kleinhandeldiamantjuweliersware is, met omtrent 50% van die jaarlikse verbruik daarvan, is die swak Amerikaanse ekonomie te blameer daarvoor.

Daar is ook 'n skerp afname in spekulatiewe handel in groter, meer waardevolle ongeslypte diamante tussen diamanthandelaars self.

Ontleders sê die laaste kwartaal was nie goed vir diamantverkope nie.

Omdat diamante as 'n luukseproduk gesien word, is hulle nie bestand teen 'n resessie nie.

read full plays onlineФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae