'n Toetsweergawe van die nuwe programmatuur, genaamd Google Chrome, kan reeds in meer as 100 lande afgelaai word, het die maatskappy bekend gemaak.
Die oogmerk met Google Chrome is 'n vinniger, meer gebruikersvriendelike en veiliger snuffelaar.
Die snuffelaar is heeltemal gratis en maak van oopbronprogrammatuur gebruik. Onder andere het die maatskappy by 'n ander gratis websnuffelaar, Firefox, gaan leen vir die kode waarmee Google Chrome geskep is.
