Olie daal tot onder $100

Brent-ruolie het gister tot onder $100 per vat gedaal vir die eerste keer sedert 2 April. In Londense verhandeling het dit tot $99,50 gesak.

Die skerp afname in Brent het gekom nadat OPUL se hoof aangedui het die kartel gaan sy produksieplafon onveranderd hou.

Hy het gesê dit sou onveranderd bly ongeag dalende pryse en ekonomiese groei wat afneem.

OPUL se president wat oo die Algerynse energieminister is, Chakib Khelil, het aan verslaggewers gesê dat hulle by die huidige produksievlak gaan hou

Hy het ter voorbereiding van 'n formele verklaring oor die saak gepraat.

детский товарФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae