Duisende Zuma-ondersteuners word in Pietermaritzburg verwag

Daar word verwag dat ten minste 5 000 Zuma-ondersteuners Donderdagaan op Pietermaritzburg se Hooggeregshof gaan toesak.

Regter Nicholson sal Vrydag beslis of die besluit om die ANC-president Jacob Zuma te vervolg wettig was.

Die ANC se provinsiale sekretaris-generaal Senzo Mchunu het ondersteuners gemaan om hulself te gedra, ongeag die uitslag.

Hy het gesê topamptenare van die ANC en lede van die party se nasionale uitvoerende komitee, die provinsiale uitvoerende komitee en alliansieleiers sal almal die nagwaak bywoon.

Mchunu het gesê dat hulle steeds volhou dat dit 'n politieke saak teen die ANC-president was en dat alle aanklagte laat vaar behoort te word.

лампы классикалобановский александр харьков

Maak 'n opvolg-bydrae