Mnr. W
Die Tshwane-metroraad se Stadsbeplanning-, nntwikkeling- en streeksdientekomitee is deur die Vryheidsfront Plus gedwing om ‘n agendapunt, waarvolgens naamborde wat slegs die naam "Tshwane" bevat by toegangsroetes in Pretoria opgerig gaan word, te wysig omdat dit strydig is met ‘n hofinterdik wat sulke naamborde verbied.
Mnr. W
Die Vryheidsfront Plus het die nuutste planne van die Tshwane-metroraad veroordeel waarvolgens massiewe naamborde wat slegs die naam ‘Tshwane’ bevat by toegangsroetes in Pretoria opgerig gaan word. Die party het gesê dat die oprigting van die naamborde op blatante minagting van die hof sal neerkom.
Volgens ‘n verslag van die metroraad se Stadsbeplanning-, Ontwikkeling en Streeksdienste-komitee (wat op Dinsdag 14 Julie sal vergader) word voorgestel dat naamborde wat ‘slegs die naam Tshwane’ bevat, in Pretoria opgerig moet word met die oog op die 2010 Sokker Wêreldbeker. Die borde sal by die volgende punte opgerig word:
N4 (Oos) Pretoriusstraat, N4 (Noord) R566/R101 kruising, N4 (Suid) Transoranjestraat, N14 Potgieterstraat, N14 Eeufeesstraat, N1 Atterburystraat/Charlesstraat, N1 John Vorster-rylaan, N1 Stormvoël/Baviaanspoort-strate en R21 Fonteinesirkel.
Die naamborde gaan R8.26 miljoen kos en die besluit word deur die metroraad se finansiële department teengestaan omdat geen begroting daarvoor bestaan nie.
Volgens kol. Piet Uys, VF Plus-raadslid en lid van die komitee, is dit duidelik dat die naamborde feitlik uitsluitlik vir Pretoria beplan word en daarom is dit strydig met ‘n hofinterdik wat die metroraad in 2007 verbied het om naamborde op te rig wat na Pretoria as Tshwane verwys.
“Enige besluit om die naamborde op te rig is onwettig. Enige amptenaar wat die besluit uitvoer kan vervolg word vir minagting van die hof. Die VF Plus sal enige persone of instansies wat opdrag gee vir die oprig van die onwettige naamborde, asook diegene wat sulke besluite uitvoer, by die polisie aankla,” het Uys gesê.
Die VF Plus gaan ‘n dringende prokureursbrief aan die voorsitter van komitee stuur om hom te waarsku om die betrokke verslag, waarin die oprigting van die naamborde aanbeveel word, van die komitee se agenda te verwyder.
Mnr Christo Burger wat in Atlanta, Georgië, in die VSA woon, se Nuwelandplan wat hy tans met groot ywer onder Afrikaners bemark, verdien nadere ondersoek. Ek was teenwoordig by een van sy kleiner seminare en het dit baie moeilik gevind om die logika of waarde van sy Nuwelandprojek te verstaan of selfs net om daaraan vat te kry.
Volgens sy plan wil hy 'n 200 hektaar meer langs die Oranjerivier bou wat ongeveer R200 miljoen sal kos. Die 'meer', gevoed deur water vanuit die Oranje, sal dan die aantrekkingskrag van 'n temadorp vorm wat huisvesting vir ongeveer 48 000 witmense sal bied.
Vir ekonomiese bedrywighede sal daarop gefokus word om duisende buitelandse besoekers daarheen te lok om die Suid-Afrikaanse son te geniet en om van hul kwale en vetsug genees te word. Daar sal van ekovriendelike energiebronne gebruik gemaak word en 'n Afrikaanse universiteit en skole opgerig word. Inderdaad, 'n volkstaat in die kleine. Belangstellendes kan aansluit by 'n organisasie wat die projek wil bedryf teen 'n maandelikse fooi van R50 per persoon. Indien 'n "kritiese" massa belangstellendes sou aansluit, wil hy duisende DVD's regoor die aardbol versprei om sy plan internasionaal te bemark.
Wat my pla, is dat hy geen konkrete inligting verskaf nie. Mens besef dat die projek tans nog op die droomstadium is en dat meer inligting gewoon net nie bestaan nie. Nogtans is hy in die mark om sy droom in kontant te toets. In kru mediese terme word dit in die bedryf as voortydige ejakulasie beskryf. Alle harde inligting soos uitlegplanne, argiteksketse, ingenieurs- en omgewingsimpakstudies ontbreek en breedvoerige Bybeltekse word aangewend om daarvoor te vergoed.
Ek is self 'n bewese projekontwikkelaar en wil graag die volgende aanbied om sy projek se gangbaarheid te toets:
Daar bestaan reeds twee reusagtige groot mensgemaakte mere, genaamd die Hendrik Verwoerd -en Vanderkloofdamme. Hulle is grootliks onbenut vanuit 'n eiendomsontwikkelingsoogpunt gesien. Die bestaande damme kan dus as basis dien. Al wat benodig word is om erwe daar te bemark.
Maar dan, wie gaan al die huise, hospitaal, universiteit en skole by sy nuwe meer bou? Om nie eens van die infrastruktuur soos riolering en watersuiwering te praat nie? As dit boukontrakteurs gaan wees, sal swart werkers dit waarskynlik doen.
Om 48,000 witmense te huisves sal ongeveer 16 000 middelslaghuise van 200 vk meter elk benodig word. Teen 'n realistiese 50 huise per jaar sal daar oor vyftig jaar slegs 2500 huise opgerig wees.
Die 50 witmenshuise per jaar en infrastruktuur daarvoor sal 'n arbeidsmag van ongeveer 1 000 werkers benodig, en hulle sal waarskynlik in 'n nuwe lokasie langs die dorp moet woon. 'n Ekonomiese aktiwiteit van so 'n omvang sal 'n verdere 3000 of meer swartes en afhanklikes na die aangrensende plakkerskamp aanlok.
Die swart kinders sal 'n skool benodig en hulle sal waarskynlik soos in Ermelo aan die nuwe wit skool toegelaat moet word om in Engels onderrig te ontvang.
Mens kan nog lank aangaan om meer praktiese oorwegings uit te wys, maar ek sal vireers volstaan met die stelling dat apartheid, met eie woongebiede, wat deur die polisie afgedwing was, 'n baie doeltreffende manier was om rasse te skei en om aparte woongebiede te verseker. Dit is reeds gedoen. 'n Nuwe poging sonder enige staatsmag sal moeilik toegepas kan word.
Vir Christo Burger se plan om te slaag, kon hy gewoon bestaande dorpies koop en met hoë mure omring. Die eienaars kan dan aangemoedig word om die ou huise met hul eie hande en die hulp van werklose jong Afrikaners te restoureer. Dit sal egter 'n probleem wees om die mense besig te hou as die huise klaar gerestoureer is.
Die onhaalbaarheid van geografiese skeiding in nuwe gebiede het my lankal laat besluit om liewer die begrip van 'n stadstaat soos Pretoria-Oos, Pretoria-Noord en Centurion te ondersteun wat dan as kultuurheimat vir Afrikaners van regoor die aardbol sou kon dien. Die mense is reeds daar, hulle is reeds in die meerderheid en moet as eerste stap slegs selfseggenskap oor eie sake verwerf.
Die Vryheidsfront Plus het ‘n verslag van die Tshwanemetroraad se burgemeesterskomitee verwelkom waarin vermeld word dat ‘n beplande standbeeld van Nelson Mandela nie op Kerkplein in Pretoria opgerig sal word nie, maar eerder by die Ou Sinagoge-perseel nie ver daarvandaan nie.
Kerkplein was volgens die verslag een van tien moontlike staanplekke van die standbeeld, maar daar is na ‘n evaluasieproses besluit dat die plein nie geskik daarvoor is nie.
Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, was die VF Plus bekommerd oor die feit dat Kerkplein as ‘n moontlikheid ingesluit is, veral in die lig van vorige uitsprake deur ANC-raadslede dat Paul Kruger se standbeeld mettertyd uit Kerkplein verwyder moet word.
Die Ou Sinagoge is ‘n meer gepaste staanplek vir die standbeeld omdat die verhore van hoogveraad van 1958 tot 1963, waarin Mandela self tereggestaan het, by die Ou Sinagoge plaasgevind het.
Beide Paul Kruger en Nelson Mandela word deur onderskeie dele van die Suid-Afrikaanse bevolking as vryheidsvegters beskou en dit is daarom volgens die VF Plus gepas dat die een standbeeld nie in opposisie tot die ander een opgerig word nie.
AfriForum het vandag in sy getuienis voor die tribunaal van die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) gevra dat dié kommissie SABC TV moet verbied om tydens nuusbulletins die munisipale naam “Tshwane” te gebruik om na Pretoria te verwys.
Die UKKSA-tribunaal het vandag se verhoor oor SABC TV se gebruik van “Tshwane” gereël om aan beide die SABC en AfriForum se regspanne die geleentheid te bied om hulle onderskeie standpunte te stel. Dit volg nadat AfriForum vroeër vanjaar ʼn klag teen die gebruik van die naam Tshwane by die UKKSA ingedien het. Die UKKSA se beslissing hieroor word binne drie weke verwag.
AfriForum is tydens die verhoor deur prof. Marinus Wiechers en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verteenwoordig, terwyl Fakir Hassen, die SABC se bestuurder van Uitsaai Nakoming (Broadcast Compliance), die openbare uitsaaier se saak gestel het.
Kriel het na die verhoor gesê hy glo dat AfriForum ʼn sterk saak gestel het en dat hy versigtig optimisties is oor die uitspraak wat gaan volg.
Wiechers het tydens vandag se verhoor namens AfriForum aangevoer dat die gebruik van die naam Tshwane op onbillike verslaggewing en ongelyke behandeling neerkom, omdat Tshwane die enigste munisipale naam is wat deurlopend tydens nuusbulletins gebruik word, terwyl alle ander dorpe en stede in die land se plekname, en nie munisipale name nie, gebruik word.
Dit is volgens AfriForum onprakties om deurgaans munisipale name te gebruik, aangesien die meeste munisipaliteite meer as een dorp of stad beslaan. AfriForum voer aan dat alle stede en dorpe – insluitend Pretoria – se plekname om dié rede ter wille van billikheid eerder gebruik moet word.
Die UKKSA se kode bepaal in Artikel 34.1 dat uitsaaiers verplig is om nuus “billik” weer te gee. AfriForum voer aan dat die woord “billik” gelyke behandeling beteken en dat die feit dat Pretoria anders behandel word, gevolglik direk strydig met Artikel 34.1 van die UKKSA se kode is.
Kriel het daarop gewys dat die Tshwane Metroraad se ideologies-gedrewe pogings om die publiek te mislei dat die hoofstad se naam nie meer Pretoria is nie, aangehelp is deur SABC TV-nuus se foutiewe verwysing na Pretoria as Tshwane.
Volgens Kriel het AfriForum transkripsies van TV-nuusbulletins aan die UKKSA oorhandig, met talle voorbeelde van waar Pretoria as pleknaam anders as ander dorps- en stadsname behandel word.
15:48:44 Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die uitjaag van twee VF Plus-raadslede uit die raadsvergadering van die Tshwane-metroraad, nadat
hulle ernstige kapsie gemaak het teen die verandering van 27 historiese straatname in Pretoria, dui op onverdraagsaamheid deur die ANC sodra ware opposisie teen hulle vergrype gebied word.
VF Plus-raadslede, Conrad Beyers en Cornelius Jansen van Rensburg, is deur die ANC-speaker, mnr. Korombi Dau, gelas om die raadsvergadering te verlaat omdat hulle in toesprake gesê het dat die ANC steeds soos 'n terroriste-organisasie optree deur name van historiese belang te wil saboteer en na sogenaamde "struggle-helde" te verander.
Die VF Plus het ook sy teleurstelling uitgespreek teenoor die Demokratiese Alliansie (DA) wat versoek het dat die VF Plus se raadslede dissiplinêr aangekla moet word oor hulle opmerkings.
Beyers het in sy toespraak gesê dat sommiges se helde vir andere booswigte is en omgekeerd, en dat alle groepe in die land mekaar se geskiedenis moet respekteer. Die vergadering het in chaos ontaard toe hy gesê het dat talle persone wat deur die ANC as helde beskou word, deur andere as 'moordenaars en terroriste' beskou word.
Jansen van Rensburg het gesê dat die ANC hulle soos '"terroriste in regering" gedra deur minderhede se geskiedenis te beledig en uit te wis. "Die VSA is gelukkig – hulle terroriste sit ver weg in die Midde-Ooste. Ons s'n sit reg binne-in die regering", het hy gesê.
Beide VF Plus-raadslede het geweier om hulle opmerkings terug te trek, waarna die speaker hulle gevra het om die vergadering te verlaat.
Die VF Plus het gesê dat die ANC se onverantwoordelike naamsveranderinge tot polarisasie van die Suid-Afrikaanse bevolking lei en versoeningspogings in die wiele ry.
Die VF Plus het benadruk dat 'n onderhandelde akkoord in Suid-Afrika nodig is wat die naamkwessie kan hanteer om te verhoed dat dit die samelewing verder polariseer.
Teken ons petisie teen die gebruik van die naam Tshwane ipv Pretoria!
Sien ook die verwante Items:
ANC en sy SAUK wil Afrikaners uittart met ‘Tshwane’
Ope brief aan Mbeki oor ‘Tshwane’