Doen weg met die woord ?kleurling? s? Khoisan groep

‘n Khoisan menseregteaktiviste-organisasie het ‘n beroep gedoen op die menseregtekommissie en die gelykheidshof om die woord “kleurling” in die openbaar te verdoem en dit van die wetboeke te skrap.

Die Inisiatief vir die Herstel van Eerste Inheemse Mense van Suid-Afrika (IRFIPSA)  het in ‘n memorandum wat aan die hof en die kommissie oorhandig is, gesê hulle wil die woord “kleurling”, “wat steeds gebruik word deur die regering in ‘n demokratiese dispensasie” van statutêre dokumente herroep hê.

“Ons eis die onmiddellike ratifikasie van ons identiteit as Khoisan as die afstammelinge van die Aborigenes van Suid-Afrika,” het die memorandum gesê.

Bahia Sterris, ‘n regsadviseur vir die menseregtekommissie het bevestig dat hulle die memorandum ontvang het.

Die gelykheidshof kon nie bereik word vir kommentaar nie.

Die Khoisanleiers het gesê hulle argument is gebaseer op die Rubicontoespraak van erkenning wat gelewer is deur president Kgalema Motlanthe in Februarie by die stigting van die nasionale huis van tradisionele leiers.

Hulle verwys na Motlanthe wat gesê het dat beleidsontwikkeling oor die Koisan gemeenskappe deur die kabinet sisteem in die proses was, en dat dit gefinaliseer sal word na openbare konsultasie.

Die memorandum het die president verder aangehaal: “Ons is vol vertroue dat die kritieke inisiatief die proses sal korrigeer om die massiewe historiese ongeregtighede wat die land gelei het onder kolonialisme , insluitend geweld met afmetings van volksmoord en onderdrukking van hulle kultuur, land en taal.”

Die memorandum sê voorts: “ Die “kleurling” as ‘n burgerlike kategorie is van die wetboeke verwyder en vervang met die woord “swart” op die wetboeke na 1994.”

Khoi Frederick Konstable het gesê die organisasie staan vir die regte van die wat swaargekry het onder “massiewe diskriminasie en historiese ongeregtighede.”

Hy het gesê na 15 jaar se demokrasie, is die beleid steeds nie geformuleer nie.

Daar word geglo dat slegs 16 van die 35 oorspronklike Khoi-stamme nog bestaan.

Konstable het gesê dat “onder die dispensasie van die nuwe demokrasie, maak die klasifikasie as “kleurling” dit moeiliker om ‘n behoorlike werk te kry.”

sites ukФильчаков прокурор отзывы

Rusland gaan herbewapen

President Dmitri A. Medvedev het Dinsdag gesê dat Rusland met ‘n “grootskaalse herbewapening” gaan begin in 2011 in reaksie op wat hy beskryf as bedreigings vir die land se sekuriteit.

In ’n toespraak voor generaals in Moskou, het mnr. Medvedev NAVO se houding as die primêre rede gegee vir die versterking van die weermag, insluitend kernwapens.

Mnr. Medvedev het nie spesifieke besonderhede gegee oor hoe die begroting sal toeneem vir die weermag nie, laasgenoemde se vermoë het heelwat afgeneem na die val van die Sowjet-Unie.

Rusland het militêre uitgawes heelwat toegeneem in die onlangse jare, maar met die finansiële krisis en die daling in die olieprys is die land se finansies onder druk, wat voorspel dat dit moeilik gaan wees om uitgawes vir die weermag sondermeer  te vergroot.

Mnr. Medvedev se tydsberekening is egter goed. Daar word verwag dat hy sy eerste vergadering sal hou met president Barack Obama vroeg in April, in dieselfde tyd as die vergaderings van die G20, ‘n groep industriële en ontwikkelende lande.

“ ‘n Analise van die militêr-politiese situasie in die wêreld toon dat daar ‘n klomp streke is waar ernstige potensiaal vir konflik steeds bestaan,” het mnr. Medvedev gesê. “Bedreigings wat plaaslike krisisse asook internasionale terrorisme kan laat ontstaan. NAVO laat vaar nie sy pogings om sy militêre infrastruktuur uit te brei naby die grense van ons land nie. Dit alles vereis ‘n kwaliteitsmodernisering van ons gewapende magte.”

Mnr. Medvedev het beklemtoon dat Rusland nie deur die finansiële krisis van die planne afgesit gaan word nie.

Sy aankondiging het gekom na die Kremlin reeds begin het met pogings om die gewapende magte op te gradeer, wat nog grootliks bestuur word volgens die Sowjet-styl.

Terwyl Rusland se veel groter weermag maklik gewen het teen Georgie in Augustus verlede jaar, het die gevegte volgens kenners foute uitgewys in opleiding, wapens en toerusting.

халатыФільчаков Олександр Васильович

Woede styg oor AIG-bonusse

ImageSommige mense praat van ‘n revolusie begin oor die besluit van AIG om bonusse van $156 miljoen te betaal aan werknemers wat deels verantwoordelik was vir die versekeringsreus se ineenstorting – maar min gaan so ver as senator Charles Grassley, ‘n Republikein van Iowa, wat voorgestel het dat die maatskappy se uitvoerende beamptes behoort te “bedank of selfmoord moet gaan pleeg.”

Terwyl politici en meningsvormers die afgelope paar dae hulle woede helder laat opklink het oor die bonusbetaling, is die mees passievolle stemme – nie verbasend nie – op die internet. Op “blogs” en gespreksforums teken die ontstoke publiek in ongewoon groot getalle hulle weersin aan.

Van Saterdag tot Dinsdagoggend is meer as 7 000 AIG-verwante kommentare op nytimes.com gepos. Die opmerkings dui daarop dat van Republikeine tot Demokrate, Wallstraat, Mainstraat, kapitalistiese gemeenskap in die algemeen of al die bostaande verantwoordelikgehou word vir die krisis.

Die internetboodskappe verteenwoordig ‘n algemene konsensus onder lesers dat die bonusse nooit toegeken moes gewees het nie en beslis nie uitbetaal moet word nie.

5 pound freeОлександр Фільчаков прокурор

SARS stil oor Zuma en hulporganisasie

ImageDie hulporganisasie Gift of the Givers kan in warm water wees – die keer met die belastinggaarder – as gevolg van sy samewerking met ‘n politieke party.

Opposisiepartye het onlang ‘n bohaai gemaak na dat ANK-president Jacob Zuma meer as R1 miljoen se goedere uitgegee in die naam van die organisasie, terwyl hy op ‘n verkiesingsveldtog was, en het gesê dat Zuma se aksies ‘n oortreding van die verkiesingswet kan wees.

In terme van die inkomstebelastingwet, mag nie-winsgewende organisasies soos Gift of the Givers nie “bronne direk of indirek gebruik om enige politieke party tot voordeel of nadeel te strek nie.”

SARS-woordvoeder Adrian Lackay het Maandag bevestig dat die sarskommissaris nie by magte is om “enige Openbare Voordeel Organisasie (hulporganisasie) wat sy goedere direk of indirek gebruik om enige politieke party tot voordeel of nadeel te strek se belastingkwytskeldingstatus goed te keur of  te hersien nie.”

Maar Lackay kon nie kommentaar lewer oor die spesifieke geval van wat Gift of the Givers se stigter, Imtiaz Sooliman se lank bestaande verhouding was met mnr. Zuma nie.

SARS kan nie homself in die openbaar uitspreek oor die sake van ‘n belastingbetaler nie, weens die konfidentialiteitvoorsienings in seksie 4 van die inkomstebelastingwet. Dit sal spreek van die toegeeflikheid van ‘n spesifieke belasting entiteit, of die entiteit die fokus van ‘n ondersoek is of nie, en so aan,” het hy gesê.

Maar Lackay het gesê dat SARS ‘n eenheid in Pretoria het wat “spesifiek toegesê is om te kyk na alle kwytskeldings van Openbare Voordeel Organisasies en om dit te hersien.” Dit sluit in ‘n oudit om alles na te gaan.

“Uit die oogpunt van SARS is die wet baie duidelik en ondubbelsinnig oor die optrede van Openbare Voordeel Organisasies,” het Lackay gesê.

free classic casinoФильчаков прокурор харькова

Amerikaanse eerste dame moedig gemeenskapsdiens aan

ImageMichelle Obama, Amerika se eerste dame, het gesê gemeenskapsdiens het president Barack Obama gehelp om te kom waar hy vandag is. Mev. Obama het met jong Amerikaners gepraat wat in Washington is om ‘n huis te bou vir ‘n gesin van Texas wat hulle huis in ‘n orkaan verloor het.

Sy het gepraat oor die president se verlede as gemeenskapsorganiseerder in Chicago. Sy het ook vertel van haar eie werk met ‘n gemeenskapsdiensprojek in Chicago.

Sy het aan studente gesê dat die YouthBuild-program net die begin is en dat hulle later sal kan terugval op verhoudinge wat nou gebou word.

Mev. Obama het ook sommige uitstallings besoek van son-elektrisiteit, daktuinbou en geleer hoe ‘n mat gemaak word.

МильстримФильчаков прокурор харьков

Is jy nog amptelik lewendig?

Suid-Afrikaners word aangemoedig om te bevestig of hulle amptelik lewendig is, terwyl die beleerde departement van binnelandse sake poog om weg te doen met “sterftes” wat bedrog is, het die regering Dinsdag gesê.

“Ons doen werklik ‘n beroep op burgers om hulle lewensstatus te bevestig,” het plaaslike regeringsminister Richard Baloyi aan ‘n perskonferensie gesê.

‘n Spesiale skakelsentrum is opgestel vir Suid-Afrikaners om te sien of hulle foutiewelik dood verklaar is – ‘n aanhoudende algemene probleem met identiteitsdiefstal deur kriminele wat probeer om voordele te kry van lewensversekering.

Baloyi het burgers ook aangemoedig om te kyk of hulle wettiglike getroud is, siende dat kriminele wat identiteitsdiefstal pleeg ook reël vir vals huwelike vir immigrante wat burgerskap soek.

“Jy mag dalk vind dat jy meer as eenkeer getroud is,” het hy gesê.

Suid-Afrika se departement van binnelandse sake is verlam deur korrupsie en oneffektiwiteit.

In 2005 het ‘n jongman die simpatie van baie Suid-Afrikaners gewen toe hy ‘n amptenaar van binnelandse sake gyselaar gehou het met ‘n speelgoed wapen, en sy Identiteitsdokument geëis het na ‘n 2 jaar wag tydperk. Die boekie is belangrik in elke aspek van die daaglikse lewe.

Kommer dat Suid-Afrikaanse paspoorte maklik bekom kan word deur amptenare om te koop het Brittanje onlangs genoop om visumvereistes in te stel op die voormalige kolonie.

воронеж латкилобановский александр дети

Madagaskar se president bedank

Madagaskar se president Mark Ravalomanana het Dinsdag bedank, het diplomate gesê. Hy het ingegee aan die onvermydelike na die weermag sy pad oopgeskiet het tot by sy kantoor in om die opposisieleier in beheer te plaas.

Diplomate het op voorwaarde van anonimiteit  gesê dat die 50-jarige Ravalomanana ‘n dokument geteken het  wat mag oordra aan hoë weermagoffisiere van die Indiese oseaan eiland.

Die skuif het ‘n dramatiese oorwinning beteken vir Andry Rajoelina, die ontslaande burgemeester van Antanarivo wat ‘n maandelange aksie gelei het om Ravalomanana omver te gooi na 7 jaar as president.

Rajoelina is toegejuig deur duisende ondersteuners en gesalueer deur die weermag terwyl hy die verlate presidensie oorgeneem het, terwyl sy teenstaander van jare lank in die presidensiële paleis was saam met ‘n handjievol lojale ondersteuners.

“Die dokument wat Ravalomanana geteken het dra gesag van die resident en eerste minister oor aan ‘n militêre raad,” het een van die diplomate gesê.

‘n Teksboodskap wat uitgestuur is deur die Franse konsulaat aan lede van die ekspatriate gemeenskap het gelees: “President bedank, risiko van demonstrasies. Wees versigtig en moenie na donker bestuur nie.”

Die voorgestelde tydsduur van militêre heerskappy op die eiland en ander besonderhede van die ooreenkoms is nie onmiddellik bekend nie.

Rajoelina, ‘n 34-jarige platejoggie wat besigheidsman geword het en die gewilde opposisie van die regering gelei het, het die land se veiligheidmagte aangemoedig om die president te arresteer vir hoogverraad.instawowphoto.netАлександр Фильчаков прокурор

Foord saak: doodsdreigemente by die hof

“Al wat ek wou hê na die saak was vrede tussen myself en die Foords, maar die doodstekens wat ek vandag van sommige mense gekry het maak my bang om selfs naby die familie te gaan.”

Dis was die woorde van Nomusa Chili, ma van die 19-jarige Ntuthuko Chile, wat Mandag by die Durbanse hoërhof tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is vir die verkragting van Jessica Foord.

Nomusa, wat aan die familie wou verskoning vra vir die sade van haar seun het gesê dat sy bang geword het nadat sommige van Jessica se ondersteuners Maandag gedemonstreer het – met ‘n sny beweging oor die keel – dat hulle haar sou dood maak.

‘n Baie jammer Nomusa het gesê dat sy sedert haar seun se arrestasie al wou om verskoning vra, maar dat sy bang geword het om dit te doen na sy bedreig voel deur sommige Foord ondersteuners.

Ntithuko, Mbotho Msomi, 26, en Lindani Maphumelo, 19, is Maandag lewenslank tronk toe gestuur na regter Vivienne Niles-Duner hulle skuldig gevind het aan die verkragting en roof op Jessica in Maart 2008.

Jessica se pa, Timothy is aan ‘n boom vasgemaak gedurende die aanval wat plaasgevind het toe die twee met hulle honde geloop het by die dam naby Hillcrest.

Siyabonga Ntinga, 18, is skuldig bevind aan roof op die Foords en is ‘n 15 jaar vonnis gegee.

‘n 5de Verdagte, ‘n 17 jarige het skuldig gepleit aan roof en verkragting in 2008 en dien ‘n 17 jaar vonnis uit.

casino apps freeОлександр Васильович Фільчаков

Drie gewond in Bre?straat skietery

‘n Taxibestuurder en 2 ander mense is Dinsdagmiddag geskiet en gewond in Breëstraat in sentraal-Johannesburg, het polisie gesê.

Kaptein William Mpondo het gesê dit het gevolg na ‘n argument tussen 2 taxibestuurders omtrent 1uur die middag. Hy kon nie spesifiseer aan watter taxiverenigings die twee bestuurders behoort het nie.

“Een van die taxibestuurders het gedurende die argument weggeloop en paar oomblikke later terug gekom met ‘n vuurwapen en begin skiet. Hy het op die bestuurder geskiet met wie hy geargumenteer het en in die proses oor twee bystaanders, ‘n man en vrou getref. Die man is in die linkerarm getref,” het Mpondo gesê.

Die skieter het toe weggehardloop.

Mpondo het gesê die vrou wat gewond is het in ‘n taxi geklim gedurende die kabaal en is nog nie gevind na die tyd nie, gevolglik is haar toestand onbekend.

“Die taxibestuurder en die man wat gewond is, is na die hospitaal geneem in ‘n stabiele toestand. Die vrou is laas gesien toe sy in ‘n taxi geklim het wat toe gery het,” het hy gesê.

Geen arrestasies is nog gemaak nie. Mpondo het gesê dat die polisie inligting ontvang het wat kan lei tot die skieter se arrestasie.

“Ons ondersoek ‘n klagte van poging tot moord,” het hy gesê.

online slots fortopcargo отзывы

Jong Swartes meer lus om te stem

ImageJong swart volwassenes blyk meer lus te wees om te gaan stem in die opkomende verkiesing as hulle wit, kleurling- en Indiër- landgenote, volgens ‘n ondersoek deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) wat Dinsdag bekendgestel is.

“Die grootste verskil in die besluit om te stem is tussen die jong Swart respondente van ouderdomsgroep 19 tot 29, en die vergelykende groep van ander bevolkingsgroepe.

“Hierdie uiteenlopende patroon is grootliks toe te skryf aan besluiteloosheid om te stem en vir wie om te stem onder 30% van die nie-swart jeugdiges,” het die ondersoekers gesê.

67% van jong swartes het aangedui dat hulle wil stem en 43% van jong volwassenes in ander rassegroepe beplan ook om te stem.

Die RGN se navorsingspesialis Benjamin Roberts het aan SAPA gesê die ondersoek het 3200 mense ingesluit wat formele stadsgebiede, informele nedersettings, kommersiële plaasdistrikte en landelike gebiede insluit.

Die ondersoek het bevind dat daar “belangrike rasseverskille is in die houding van die jonger geslag” wat die opkomende verkiesing van 22 April betref.

“Jong swartes toon meer positiewe houdings of “demokratiese entoesiasme” as ander groepe tot die verkiesing. Dit wys die diversiteit in die historiese agtergrond en kontemporêre situasie van jongmense.”

“Dit toon ook die belangrikheid om die jeug aan te moedig om deel te neem” het hulle gesê.новогодний дождикДанильченко Юрий отзывы