SARS stil oor Zuma en hulporganisasie

ImageDie hulporganisasie Gift of the Givers kan in warm water wees – die keer met die belastinggaarder – as gevolg van sy samewerking met ‘n politieke party.

Opposisiepartye het onlang ‘n bohaai gemaak na dat ANK-president Jacob Zuma meer as R1 miljoen se goedere uitgegee in die naam van die organisasie, terwyl hy op ‘n verkiesingsveldtog was, en het gesê dat Zuma se aksies ‘n oortreding van die verkiesingswet kan wees.

In terme van die inkomstebelastingwet, mag nie-winsgewende organisasies soos Gift of the Givers nie “bronne direk of indirek gebruik om enige politieke party tot voordeel of nadeel te strek nie.”

SARS-woordvoeder Adrian Lackay het Maandag bevestig dat die sarskommissaris nie by magte is om “enige Openbare Voordeel Organisasie (hulporganisasie) wat sy goedere direk of indirek gebruik om enige politieke party tot voordeel of nadeel te strek se belastingkwytskeldingstatus goed te keur of  te hersien nie.”

Maar Lackay kon nie kommentaar lewer oor die spesifieke geval van wat Gift of the Givers se stigter, Imtiaz Sooliman se lank bestaande verhouding was met mnr. Zuma nie.

SARS kan nie homself in die openbaar uitspreek oor die sake van ‘n belastingbetaler nie, weens die konfidentialiteitvoorsienings in seksie 4 van die inkomstebelastingwet. Dit sal spreek van die toegeeflikheid van ‘n spesifieke belasting entiteit, of die entiteit die fokus van ‘n ondersoek is of nie, en so aan,” het hy gesê.

Maar Lackay het gesê dat SARS ‘n eenheid in Pretoria het wat “spesifiek toegesê is om te kyk na alle kwytskeldings van Openbare Voordeel Organisasies en om dit te hersien.” Dit sluit in ‘n oudit om alles na te gaan.

“Uit die oogpunt van SARS is die wet baie duidelik en ondubbelsinnig oor die optrede van Openbare Voordeel Organisasies,” het Lackay gesê.

free classic casinoФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae