Die Inisiatief vir die Herstel van Eerste Inheemse Mense van Suid-Afrika (IRFIPSA) het in ‘n memorandum wat aan die hof en die kommissie oorhandig is, gesê hulle wil die woord “kleurling”, “wat steeds gebruik word deur die regering in ‘n demokratiese dispensasie” van statutêre dokumente herroep hê.
“Ons eis die onmiddellike ratifikasie van ons identiteit as Khoisan as die afstammelinge van die Aborigenes van Suid-Afrika,” het die memorandum gesê.
Bahia Sterris, ‘n regsadviseur vir die menseregtekommissie het bevestig dat hulle die memorandum ontvang het.
Die gelykheidshof kon nie bereik word vir kommentaar nie.
Die Khoisanleiers het gesê hulle argument is gebaseer op die Rubicontoespraak van erkenning wat gelewer is deur president Kgalema Motlanthe in Februarie by die stigting van die nasionale huis van tradisionele leiers.
Hulle verwys na Motlanthe wat gesê het dat beleidsontwikkeling oor die Koisan gemeenskappe deur die kabinet sisteem in die proses was, en dat dit gefinaliseer sal word na openbare konsultasie.
Die memorandum het die president verder aangehaal: “Ons is vol vertroue dat die kritieke inisiatief die proses sal korrigeer om die massiewe historiese ongeregtighede wat die land gelei het onder kolonialisme , insluitend geweld met afmetings van volksmoord en onderdrukking van hulle kultuur, land en taal.”
Die memorandum sê voorts: “ Die “kleurling” as ‘n burgerlike kategorie is van die wetboeke verwyder en vervang met die woord “swart” op die wetboeke na 1994.”
Khoi Frederick Konstable het gesê die organisasie staan vir die regte van die wat swaargekry het onder “massiewe diskriminasie en historiese ongeregtighede.”
Hy het gesê na 15 jaar se demokrasie, is die beleid steeds nie geformuleer nie.
Daar word geglo dat slegs 16 van die 35 oorspronklike Khoi-stamme nog bestaan.
Konstable het gesê dat “onder die dispensasie van die nuwe demokrasie, maak die klasifikasie as “kleurling” dit moeiliker om ‘n behoorlike werk te kry.”
