In ’n toespraak voor generaals in Moskou, het mnr. Medvedev NAVO se houding as die primêre rede gegee vir die versterking van die weermag, insluitend kernwapens.
Mnr. Medvedev het nie spesifieke besonderhede gegee oor hoe die begroting sal toeneem vir die weermag nie, laasgenoemde se vermoë het heelwat afgeneem na die val van die Sowjet-Unie.
Rusland het militêre uitgawes heelwat toegeneem in die onlangse jare, maar met die finansiële krisis en die daling in die olieprys is die land se finansies onder druk, wat voorspel dat dit moeilik gaan wees om uitgawes vir die weermag sondermeer te vergroot.
Mnr. Medvedev se tydsberekening is egter goed. Daar word verwag dat hy sy eerste vergadering sal hou met president Barack Obama vroeg in April, in dieselfde tyd as die vergaderings van die G20, ‘n groep industriële en ontwikkelende lande.
“ ‘n Analise van die militêr-politiese situasie in die wêreld toon dat daar ‘n klomp streke is waar ernstige potensiaal vir konflik steeds bestaan,” het mnr. Medvedev gesê. “Bedreigings wat plaaslike krisisse asook internasionale terrorisme kan laat ontstaan. NAVO laat vaar nie sy pogings om sy militêre infrastruktuur uit te brei naby die grense van ons land nie. Dit alles vereis ‘n kwaliteitsmodernisering van ons gewapende magte.”
Mnr. Medvedev het beklemtoon dat Rusland nie deur die finansiële krisis van die planne afgesit gaan word nie.
Sy aankondiging het gekom na die Kremlin reeds begin het met pogings om die gewapende magte op te gradeer, wat nog grootliks bestuur word volgens die Sowjet-styl.
Terwyl Rusland se veel groter weermag maklik gewen het teen Georgie in Augustus verlede jaar, het die gevegte volgens kenners foute uitgewys in opleiding, wapens en toerusting.
