‘n Taxibestuurder en 2 ander mense is Dinsdagmiddag geskiet en gewond in Breëstraat in sentraal-Johannesburg, het polisie gesê.
Kaptein William Mpondo het gesê dit het gevolg na ‘n argument tussen 2 taxibestuurders omtrent 1uur die middag. Hy kon nie spesifiseer aan watter taxiverenigings die twee bestuurders behoort het nie.
“Een van die taxibestuurders het gedurende die argument weggeloop en paar oomblikke later terug gekom met ‘n vuurwapen en begin skiet. Hy het op die bestuurder geskiet met wie hy geargumenteer het en in die proses oor twee bystaanders, ‘n man en vrou getref. Die man is in die linkerarm getref,” het Mpondo gesê.
Die skieter het toe weggehardloop.
Mpondo het gesê die vrou wat gewond is het in ‘n taxi geklim gedurende die kabaal en is nog nie gevind na die tyd nie, gevolglik is haar toestand onbekend.
“Die taxibestuurder en die man wat gewond is, is na die hospitaal geneem in ‘n stabiele toestand. Die vrou is laas gesien toe sy in ‘n taxi geklim het wat toe gery het,” het hy gesê.
Geen arrestasies is nog gemaak nie. Mpondo het gesê dat die polisie inligting ontvang het wat kan lei tot die skieter se arrestasie.
