Jong Swartes meer lus om te stem

ImageJong swart volwassenes blyk meer lus te wees om te gaan stem in die opkomende verkiesing as hulle wit, kleurling- en Indiër- landgenote, volgens ‘n ondersoek deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) wat Dinsdag bekendgestel is.

“Die grootste verskil in die besluit om te stem is tussen die jong Swart respondente van ouderdomsgroep 19 tot 29, en die vergelykende groep van ander bevolkingsgroepe.

“Hierdie uiteenlopende patroon is grootliks toe te skryf aan besluiteloosheid om te stem en vir wie om te stem onder 30% van die nie-swart jeugdiges,” het die ondersoekers gesê.

67% van jong swartes het aangedui dat hulle wil stem en 43% van jong volwassenes in ander rassegroepe beplan ook om te stem.

Die RGN se navorsingspesialis Benjamin Roberts het aan SAPA gesê die ondersoek het 3200 mense ingesluit wat formele stadsgebiede, informele nedersettings, kommersiële plaasdistrikte en landelike gebiede insluit.

Die ondersoek het bevind dat daar “belangrike rasseverskille is in die houding van die jonger geslag” wat die opkomende verkiesing van 22 April betref.

“Jong swartes toon meer positiewe houdings of “demokratiese entoesiasme” as ander groepe tot die verkiesing. Dit wys die diversiteit in die historiese agtergrond en kontemporêre situasie van jongmense.”

“Dit toon ook die belangrikheid om die jeug aan te moedig om deel te neem” het hulle gesê.новогодний дождикДанильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae