Vigs maai onder Afrikapolitici

Vigs laat so baie politici in Afrika sterf dat hulle dood die vermoë van regerings om behoorlik te kan werk bedreig, het ‘n navorser Dinsdag gesê.

Kondwani Chirambo, die hoofskrywer van ‘n nuwe studie oor sterftes onder plaaslike raadslede in Suid-Afrika, het aan AFP gesê dat hy 6 ander lande bestudeer het waar die onnatuurlike hoeveelheid sterftes van politici toegeskryf kan word aan Vigs.

“Indien mens kyk na die statistieke, het LP’s redelik jonk gesterf en ook in groot getalle. Hierdie neigings is nie baie verskillend van die algemene bevolking nie,” het Chirambo, van die instituut vir demokrasie in Suid-Afrika gesê.

Oor die laaste 8 jaar het byna die helfte van Suid-Afrika se verkose plaaslike raadslede gesterf voor die ouderdom van 50.

Chirambo het gesê ”dit voorspel niks goeds” vir Suid-Afrika nie, waar die swak regeringsdienste ‘n baie algemene klagte is.

In die hele suidelike Afrika het die studie net een verkose beampte gevind wat haar MIV status openlik bekend gemaak het, en Chirambo skryf die nalating van die beamptes toe aan ‘n vrees dat hulle gestigmatiseer gaan word.

“Dit is nie ‘n gesonde profiel nie, raadslede is nie die armste mense in die wêreld nie,” het hy gesê.

“Dit is duidelik dat baie van hulle voel om jou status enigsins bekend te maak is ‘n vorm van politieke selfmoord.”

Suid-Afrika het een van die wêreld se hoogste Vigskoerse, met 5,4 miljoen mense wat geaffekteer is. 18% van hulle is in die werksmag.

Volgens Chirambo het 2,6 miljoen geregistreerde kiesers gesterf sedert 1999, met die meeste van hulle wat nog jonk was.

In Senegal, met ‘n nasionale Vigs voorkoms van net 1%, was daar net drie vakante poste geskep in die regering weens die sterfte van politici.

In vergelyking in Zambië, waar die eerste Vigs geval aangemeld is in 1995, is dood die mees algemene oorsaak vir parlementêre poste wat vakant raak.mobile casino free cash no depositлобановский александр дети

Maak 'n opvolg-bydrae