Kinders wat nie meer gedissiplineer word in Oeganda nie, weens ‘n verbod van die regering op lyfstraf, het 92 skole in die land afgebrand, het die polisie beweer.
Woordvoerder vir die polisie se kriminele ondersoekeenheid, Fred Enanga het gesê dat ‘n epidemie van brandstigting oor die laaste 12 maande die werk was van studente wat protesteer teen skorsings en uitsetting uit skole.
Ander insidente het gevolg nadat swak punte behaal is, het hy gesê.
“Jy weet ons het nou hierdie goed genaamd kinderregte in die skole,” het Enanga gesê gedurende die bekendmaking van die verslag oos brandstigting by skole.
“Dit beteken dat onderwysers nie meer kinders ‘n pak slae mag gee nie. En nou dat die kinders daardie bietjie ekstra vryheid het omdat ons die Westerse styl van dissipline aanvaar het,doen hulle sulke dinge,” het hy gesê.
Oeganda het 2 jaar gelede lyfstraf afgeskaf.
“’n Student sal besluit om ‘n skool af te brand net omdat hy gehoor het van iemand anders wat dieselfde elders gedoen het,” het Enanga gesê.
Polisiewoordvoerder Judith Nabakooba het gesê meer as 100 studente is verbind met die aanvalle.
