Grondregtegroep verwerp regering se hervormingsbeleid

‘n Grondregtegroep het minister van grondsake, Lulu Xingwana se “gebruik dit of verloor dit” houding jeens grondhervorming verwerp.

Die-Reg-tot-Agrariese-Hervorming-vir-Voedselsoewereiniteit-Veldtog het Dinsdag ‘n onmiddellike staking geëis van die proses om grond terug te neem van histories agtergeblewe boere.

Dit het in ‘n verklaring gesê dat dit die markgerigte grondhervormingsbeleid is wat verantwoordelik is vir die mislukkings, nie boere wat nie ‘n passie het om te boer nie.

Hulle het gesê dat hulle beplan om verdere aksie teen te staan om die “landlose mense verder te ontmagtig en hulle grond weg te neem”.

Die veldtog het gesê dat hulle plaaswerkers, kleinskaalboere en ander belangegroepe in die grondsektor in die Wes-Kaap en die Noord-Kaap verteenwoordig.

Xingwana het verlede week die ''gebruik dit of verloor dit” beleid van stapel gestuur toe sy beveel het dat ‘n volstruisplaas teruggeneem word van begunstigdes in die grondhervormingsprogram.

Sy het gesê die wat nie toegewy is daaraan om te boer nie, moet van die land verwyder word en vervang word deur die wat “ ‘n passie het om te boer”.

маска для плавания детскаялобановский харьков класс

Maak 'n opvolg-bydrae