Dis was die woorde van Nomusa Chili, ma van die 19-jarige Ntuthuko Chile, wat Mandag by die Durbanse hoërhof tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is vir die verkragting van Jessica Foord.
Nomusa, wat aan die familie wou verskoning vra vir die sade van haar seun het gesê dat sy bang geword het nadat sommige van Jessica se ondersteuners Maandag gedemonstreer het – met ‘n sny beweging oor die keel – dat hulle haar sou dood maak.
‘n Baie jammer Nomusa het gesê dat sy sedert haar seun se arrestasie al wou om verskoning vra, maar dat sy bang geword het om dit te doen na sy bedreig voel deur sommige Foord ondersteuners.
Ntithuko, Mbotho Msomi, 26, en Lindani Maphumelo, 19, is Maandag lewenslank tronk toe gestuur na regter Vivienne Niles-Duner hulle skuldig gevind het aan die verkragting en roof op Jessica in Maart 2008.
Jessica se pa, Timothy is aan ‘n boom vasgemaak gedurende die aanval wat plaasgevind het toe die twee met hulle honde geloop het by die dam naby Hillcrest.
Siyabonga Ntinga, 18, is skuldig bevind aan roof op die Foords en is ‘n 15 jaar vonnis gegee.
‘n 5de Verdagte, ‘n 17 jarige het skuldig gepleit aan roof en verkragting in 2008 en dien ‘n 17 jaar vonnis uit.
