Diplomate het op voorwaarde van anonimiteit gesê dat die 50-jarige Ravalomanana ‘n dokument geteken het wat mag oordra aan hoë weermagoffisiere van die Indiese oseaan eiland.
Die skuif het ‘n dramatiese oorwinning beteken vir Andry Rajoelina, die ontslaande burgemeester van Antanarivo wat ‘n maandelange aksie gelei het om Ravalomanana omver te gooi na 7 jaar as president.
Rajoelina is toegejuig deur duisende ondersteuners en gesalueer deur die weermag terwyl hy die verlate presidensie oorgeneem het, terwyl sy teenstaander van jare lank in die presidensiële paleis was saam met ‘n handjievol lojale ondersteuners.
“Die dokument wat Ravalomanana geteken het dra gesag van die resident en eerste minister oor aan ‘n militêre raad,” het een van die diplomate gesê.
‘n Teksboodskap wat uitgestuur is deur die Franse konsulaat aan lede van die ekspatriate gemeenskap het gelees: “President bedank, risiko van demonstrasies. Wees versigtig en moenie na donker bestuur nie.”
Die voorgestelde tydsduur van militêre heerskappy op die eiland en ander besonderhede van die ooreenkoms is nie onmiddellik bekend nie.
Rajoelina, ‘n 34-jarige platejoggie wat besigheidsman geword het en die gewilde opposisie van die regering gelei het, het die land se veiligheidmagte aangemoedig om die president te arresteer vir hoogverraad.
