“Ons doen werklik ‘n beroep op burgers om hulle lewensstatus te bevestig,” het plaaslike regeringsminister Richard Baloyi aan ‘n perskonferensie gesê.
‘n Spesiale skakelsentrum is opgestel vir Suid-Afrikaners om te sien of hulle foutiewelik dood verklaar is – ‘n aanhoudende algemene probleem met identiteitsdiefstal deur kriminele wat probeer om voordele te kry van lewensversekering.
Baloyi het burgers ook aangemoedig om te kyk of hulle wettiglike getroud is, siende dat kriminele wat identiteitsdiefstal pleeg ook reël vir vals huwelike vir immigrante wat burgerskap soek.
“Jy mag dalk vind dat jy meer as eenkeer getroud is,” het hy gesê.
Suid-Afrika se departement van binnelandse sake is verlam deur korrupsie en oneffektiwiteit.
In 2005 het ‘n jongman die simpatie van baie Suid-Afrikaners gewen toe hy ‘n amptenaar van binnelandse sake gyselaar gehou het met ‘n speelgoed wapen, en sy Identiteitsdokument geëis het na ‘n 2 jaar wag tydperk. Die boekie is belangrik in elke aspek van die daaglikse lewe.
Kommer dat Suid-Afrikaanse paspoorte maklik bekom kan word deur amptenare om te koop het Brittanje onlangs genoop om visumvereistes in te stel op die voormalige kolonie.
