
Terwyl die meeste streeks- en internasionale leiers hoogs krities is oor Thabo Mbeki se bemiddelingspogings in Zimbabwe, is daar een merkwaardige uitsondering. Robert Mugabe het Mbeki kwistig lof toegeswaai nadat die Zimbabwiese president die eenpartyverkiesing oor die naweek gewen het.
Hy sê Zimbabwe skuld Mbeki baie vir sy pogings om vrede en harmonie in Zimbabwe te bevorder. Mugabe se teenstaander, Tsvangirai, het onttrek van die verkiesing weens wydverspreide verkiesingsgeweld.
Sy naam het egter steeds op die stembriefie gepryk wat pogings om Mugabe te striem bemoeilik.
Intussen het 'n SAOG-waarnemerspan gesê Mugabe se oorwinning het geen geloofwaardigheid het nie.
In 'n TV-onderhoud het afgetrede aartsbiskop, Desmond Tutu, by Mugabe gepleit om uit te tree ter wille van sy land en Afrika.
Die MDC het 'n versoek aan die Afrika-Unie gerig om Mugabe toegang tot 'n AU-spitsberaad te weier. Die party se vise-president, Thokozani Khupe, sê dit sal verkeerd wees van die AU om Mugabe te verwelkom na alles wat hy gedoen het.
Sy sê die AU-leiers weet presies wat Mugabe voor en tydens die presidensiële uitklopverkiesing gedoen het. Leiers van die AU vergader tans in die Egiptiese vakansieoord van Sjarm-el-sjeg.
Khupe sê sy het vrugbare samesprekings met Afrika-leiers oor die situasie in Zimbabwe gevoer.
акцентное освещение светодиодноеФільчаков Олександр Васильович прокурор