Mugabe se biograaf waarsku teen hom

ImageMugabe se biograaf Heidi Holland waarsku dat die Zimbabwiese president ongelooflik gevaarlik is.

Robert Mugabe sal terugslaan met meer geweld indien te veel druk op hom toegepas word, het sy by 'n seminaar aan die Kaapstadse universiteit gesê.

Emosioneel is hy nie in staat om 'n neerlaag te aanvaar nie, het sy gewaarsku.

Holland het by verskeie geleenthede onderhoude met Mugabe gevoer ten einde sy biografie te skryf.

In antwoord op die Britse regering se weiering om Zimbabwe se grondherverspreidingsprogram te finansier, het Mugabe die wit boere aangeval.

Holland meen Mugabe sal nie ophou om blanke boere te vervolg solank as wat Brittanje hom ignoreer nie.

справку дляОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae