Rente-inkomste wat van banke ontvang word en bydraes tot aftree-annuïteite sal met belastingopgawes vergelyk word.
Nie eens sake-kilometers, onderhoud en bykomende mediese kostes sal as skuiwergate vir belastingontduiking ontsien word nie.
Logboeke en bykomende mediese rekords, wat vir vyf jaar gehou moet word, kan te eniger tyd deur die Ontvanger aangevra word.
'n Nuwe betaal-soos-jy-verdien-rekonsiliasieproses sal vandag deur die Ontvanger bekendgestel word. Ander verbeterings sluit die outomatisering van belastingsertifikaatwysigings in.
