praag.co.za

Keniaanse wetenskaplikes werk saam met re?nmakers

'n Plan waardeur navorsers van plaaslike universiteite, die Kenia-meteorologiese departement, die Kenianywerheidseiendomsinstituut en die nasionale museums van Kenia met reënmakers gaan saamspan, is gereed. Die reënmakers behoort aan die legendariese Nganji-gemeenskap in Emoehaja.

Die reënmakers se tradisionele weervoorspellingskennis sal met Westerse wetenskaplike voorspellings saamgevoeg word.
Volgens die Keniaanse wetenskaplikes sal dit plaaslike gemeenskappe help om by klimaatsverandering aan te pas.

Die kanselier van die Groot Mere-universiteit van Kisoemoe, prof. David Wasawo, sê 'n besoek aan die reënmakers se tempel is nodig om die probleme te vermy wat 'n skielike reënbui mag veroorsaak.

Hy het navorsers uitgedaag om die wetenskaplike basis van die verskynsels wat in tradisionele weervoorspelling gebruik te word, te ondersoek. металлические брекеты стоимостьДанильченко Юрий Харьков

Comments

Leave a Reply