Regter swets glo sleeptong

Johannesburg se Landdroshof het 'n opname van Regter Nkola Motata aangehoor waarin hy 'n sakeman gevloek het terwyl hy na bewering onder die invloed was. 

Motata het aan Richard Baird gesê daar is nie probleme nie en die skade sal herstel word nadat hy in hom vasgery het. 

Dit is gevolg deur 'n stroom vloekwoorde wat deur Baird op sy selfoon opgeneem is.

Die hof het drie van die vyf opnames wat op die toneel van 'n motorongeluk opgeneem is, aangehoor.

Sommige van die opnames was in seTswana en seSotho en die Landdros moes tolke inroep om dit te vertaal.  

промышленный светильник ценаtopcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae