Petrol gaan nie verder styg nie

Motoriste  kan daarvan seker wees dat hulle nie nog meer vir petrol gaan betaal as die jongste prysverhoging nie.

Die Minerale en Energiesake departement sê die verwarring oor die nuwe petrolprys is nou opgeklaar.

Woordvoerder Bheki Khumalo sê sommige mense wat nie seker oor die prys was nie het die Sentrale Energiefonds gebel.

Oliemaatskappye en vulstasies was onseker oor die prys wat  motoriste moet betaal. Dit nadat minister Buelwa Sonjica nie die 5.4 persent grootmaat wins wat by die petrolprys ingesluit is, goedgekeur het nie.

продажа пневмоинструментаАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae