Apteker en dokter vir bedrog gearresteer

'n Ryk Pretoriase apteker en 'n mediese dokter het na bewering bedrog gepleeg teenoor verskeie mediese fondse soos Polmed, GEMS en Image ten minste 13 ander ten bedrae van R4 miljoen.

Obed Khalidzwe en dr. Dovhani Josephine Ravhengani is gister in hegtenis geneem.

Hulle sal tereg staan op aanklagte van bedrog, diefstal, vervalsing en meineed in die Middelburgse streekshof.

Khalidzwe sou kruideniersware teen buitensporige hoë pryse aan lede van verskeie mediese skemas verkoop het.

Die apteker sou dan die vals eise in die naam van 'n lid van die skema indien om vir die kruideniersware te betaal.

Ravhengani het na bewering honderde vals eise teenoor mediese skemas ingedien.

финской саунылобановский александр досье