Mbeki verwerp EU-eis

President Thabo Mbeki het die Europese Unie se eis dat Morgan Tsvangirai 'n toekomstige regering lei, verwerp.

Image

Die SAUK het verslag gedoen dat Mbeki gesê het dat die toekomstige regering in Zimbabwe die gevolg van 'n dialoogproses moet wees.

Mbeki het gesê dat Mugabe nie beswaar het teen die magsdelingresolusie wat by die Afrika-Uniespitsberaad in Egipte aanvaar is nie.


Die EU het 'n verklaring na die spitsberaad uitgereik waarin gesê word dat die unie slegs 'n Zimbabwe-regering onder Tsvangirai se leierskap sal aanvaar.

Maar Mbeki het verskil en gesê dat die AU en SAOG nie die uitkoms van onderhandelinge tussen Zimbabwe se politieke partye kan voorskryf nie.

дровяные печи камины для домаФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae