Malema kry nog ‘n week

Die ANC se Jeugliga-leier, Julius Malema, is nog 'n week gegun om sy omstrede standpunt dat die organisasie bereid is om moord te pleeg vir Jacob Zuma, terug te trek.

Malema het die opmerking gemaak tydens 'n toespraak op Jeugdag.

Die Menseregtekommissie het 'n ultimatum aan hom uitgereik om sy stelling terug te trek.

Malema het geweier om dit te doen.

'n Segsman vir die MRK, Sello Hatang, sê die ANC het aan die kommissie geskryf en gevra dat die ultimatum teruggetrek word.

Die kommissie het die aansoek van die hand gewys maar die ultimatum met 'n week verleng.

Hatang sê indien Malema nie gehoor gee aan die nuwe ultimatum nie, die saak hof toe sal gaan. 

  универсальный набор инструментовФильчаков прокурор отзывы