Zuma en Mugabe kuier lekker saam

Image

Jacob Zuma… staan saam met Mugabe teen apartheid en kolonialisme

Die Zimbabwiese politieke leierskap is gereed om politieke en maatskaplike uitdagings die hoof te bied, het president Jacob Zuma by 'n staatbanket gister in Harare gesê.

Die dinee is deur die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, aangebied en onder die gaste was die eerste minister, Morgan Tsvangirai.

"Ons bring broederlike groete van Suid-Afrika se mense wat met gespitste aandag die positiewe ontwikkelings in dié land in onlangse tye gevolg het," het Zuma gesê.

Zuma het erken dat die land se prestasies aan die plaaslike inwoners en aan die wêreld 'n sein uitgestuur het dat Zimbabwe se politieke leierskap "gereed was om die politieke en sosio-ekonomiese uitdagings trompop te loop".

"Ons is almal baie bemoedig deur die manier waarop die drie partye hul geskille in belang van die land bygelê het.

"Dis inderdaad baie bemoedigend om te sien dat merkbare vooruitgang onder beskerming van dié inklusiewe regering gemaak is."

Zuma het gesê die SAOG bly beskikbaar om hulp aan te bied.

"Die oorblywende kwessies is nie onoorkomelik nie en kan te bowe gekom word.

"Die moeilikste pad is reeds afgelê… die bande wat ons aan mekaar verbind het toe ons die onmenslike stelsels van apartheid en kolonialisme beveg het, rig ons steeds vandag waar ons poog om 'n beter lewe vir al ons mense te skep."

Klik hier vir die volledige toespraak in Engels.

become an instagram modelлобановский александр дети

Mandela hou van kommunisme, maar vier die ondergang daarvan

Image

Die muur soos hy gelyk het

Nelson Mandela, wat gereeld sy bewondering vir Suid-Afrikaanse kommuniste uitspreek, neem egter aan die viering van die twintigjarige ineenstorting van die Berlynse muur deel.

Die Mandela-familie het twee dominostene van 2,5 meter hoog na die Duitse hoofstad gestuur. Die kunswerk sal twee dae lank vertoon word alvorens dit – saam met 1000 ander domino's wat die Berlynse muur voorstel – omgestamp word.

Lede van Nelson Mandela se familie het die reusedomino's geverf, wat as 'n geskenk aan die stad van Berlyn gestuur word as deel van die vieringe om die afbreek van die muur twintig jaar gelede te herdenk. Mandela se uitgebreide familie, waaronder kleinkinders en agterkleinkinders, het vandeesweek afskeid geneem van die stukke wat in groot houtkratte gepak en na Berlyn gestuur is.[

Leonie Schirra, wat die vieringe in Berlyn bestuur, verduidelik dat die besluit om die Mandela-familie uit te nooi om aan die projek deel te neem, geskied het om die gebeurtenis 'n breër, internasionale fokus te gee. "Ons wou erken dat die ineenstorting van die muur in 1989 nie net 'n simbool van hoop vir Duitsers was nie, maar ook vir mense wat in konflikgebiede oral oor die wêreld woon."

Mandela se familie het vyf ure bestee om die twee stene in Nelson Mandela se Johannesburgse kantoor te versier. As inspirasie het die vieringtema, "Vrede, liefde en begrip", gedien.

"Dit was groot pret om ons groot familie byeen te bring. Om dit opwindend te maak, het ons ingestem om niemand van ons idees oor wat ons gaan verf te vertel totdat ons aangekom het nie," het Mandela se dogter Zindzi gesê.

Zindzi se bydrae tot die twee stene is 'n skildery van 'n vrou met kroeshare wat "my intepretasie van kultuur en identiteit voorstel", het sy gesê. Van naderby kan mens ook 'n skildery van 'n sokkerbal uitmaak, wat volgens Zindzi die familie se liefde vir sokker uitbeeld, asook na aanstaande jaar se 2010-wêreldbeker verwys.

Nelson Mandela se kleinseun, Kweku Mandela, sê: Jare lank het Duitsland 'n sigbare muur gehad terwyl ons in Suid-Afrika 'n onsigbare gehad het. Dit is wat ons twee lande met mekaar verbind." Zindzi Mandela het dié gevoel van wedersydse begrip tussen die twee lande beaam en gesê: "Ons verstaan wat Duitsland deurgemaak het en waar die land hom 20 jaar ná die ineenstorting van die muur bevind."

и мозаикаАлександр Фильчаков

Meer as miljoen misdade per jaar nooit opgelos

Image

Slegs 10,3% skuldigbevindings

Meer as 'n miljoen van die twee miljoen misdaadsake wat elke jaar in die land geopen word, word nooit opgelos nie, berig die Mercury.

"Die sake gaan iewers verlore – hulle val deur die krake in die stelsel. Ons moet seker maak dat sake nie wegraak nie," het Willie Scholtz, hoof van die Suid-Afrikaanse Strafregstelselwerkgroep, gesê.

Scholtz het verlede week 'n toespraak by Universiteit van Kaapstad se Nagraadse Bestuurskool gelewer.

Hy blameer die onbevredigende ondersoeke na misdaadgevalle, verhore wat vir 'n baie lang tyd aanhou, asook ondoeltreffende hofprosedures, vir die land se 10,3 persent skuldigbevindingskoers in strafsake.

Aanklaers en Regshulpraadprokureurs speel ook 'n rol by die "oneindige uitstel van sake".

Scholtz is hoof van 'n span wat behulpsaam is by 'n hersiening van die strafregstelsel.

10 gamesданильченко юрий брониславович прокурор

Vier Britte sterf vir 150 stemme…

Vier Britse soldate sterf vir 'n skamele 150 stemme. So lui 'n koerantopskrif in Londen na afloop van die verkiesing in Afghanistan waar Brittanje soldate in die Helmandprovinsie ontplooi het om 'n vrye en regverdige uitslag daar te verseker.

Die inligting is bekend gemaak nadat die Britse ambassadeur in Kaboel, Mark Sedwill, bekend gemaak het dat die troepe nog vir die volgende vyf jaar die konflik in Afghanistan sal moet trotseer.

Hy het gesê die Afghaanse veiligheidsmagte wat deur die Weste opgelei word, is nog nie gereed nie en dit sal nog tussen vier en vyf jaar neem om die bevel aan hulle te oorhandig.

Die aantal stemme wat in sekere dele van die land uitgebring is, soos in die Talibanvesting van Babaji, is besonder laag en baie min mense het hulle reg om te gaan stem uitgeoefen, ten spyte van Brittanje se militêre pogings.

Vyf van die tien man wat in die afgelope tyd gedood is, het in die omgewing van Babaji gesneuwel tydens die Britse operasie Panther’s Claw. Die aangeleentheid is nog meer delikaat omdat die Britse bevelvoerders voor die verkiesing belowe het om die gebied te suiwer van Talibaninvloed.

Die ambassadeur het erken dat die kiesers deur die Taliban ontmoedig is. Opposisiepartye het die regering ingelig dat Panther’s Claw hoegenaamd nie die gestelde doelwit bereik het nie.

 

In drie jaar van Britse teenwoordigheid in Helmand, Afghanistan, is 202 Britse soldate dood en 800 gewond.

free games win money no depositАлександр Фильчаков

VSA kry nuwe oog in Irak, Afghanistan en Pakistan

Die VSA se oog in Irak, Afghanistan en Pakistan, gaan nou heelwat groter wees. 'n Nuwe multikamerasensor word tans aangebring aan die onbemande vliegtuie wat vir waarneming en spioenasie in dié land gebruik word.

Die stelsel, bekend as die Gorgon Stare, is die volgende tree in die rigting van beheer oor die slagveld. Twee MQ-9 Reapers wat met WAAS, dié sensors van $15 miljoen, uitgerus is, sal later vanjaar toetsvlugte onderneem.

Kolonel Eric Mathewson, direkteur van die Unmanned Aircraft Systems Task Force by die Pentagon sê dit gaan 'n ongelooflike magsvermenigvuldiger wees.

Sierra Nevada Corporation, vervaardigers van die WAAS, het die naam uit die Griekse mitologie gebruik; die staar verander mense in klip.

Vyf elektro-optiese en vier infrarooi kameras neem dag en nag foto's uit verskillende hoeke, en verwerk dit na een geïntegreerde mosaëikbeeld wat baie breër is as wat 'n enkele lens kan lewer.

By die sentralebeheerkamer kan besluitnemers skeer oor die gebied, die oog laat kantel en inzoem op 'n klein area. As 'n insurgent buite die een raam beweeg, kan hy maklik deur die oog na 'n volgende raam op die stel vertoonmosaïekskerms gevolg word.

Die stelsel wat onder een vlerk aangebring word is lig en kompak en maak voorsiening vir die insluiting van wapenstelsels op dieselfde tuig.

Omdat al die digitale data bewaar word, is dit moontlik om die stelsel forensies aan te wend deur terug te gaan na vorige beelde om gebeurtenisse te rekonstrueer.

Taliban leier Baitullah Mehsud, is deur 'n Hellfiremissiel van 'n onbemande tuig in Pakistan gedood terwyl hy onder die indruk verkeer het dat hy versteek is, maar die bestaande MTS-stelsel is moeilik om te gebruik omdat dit 'n blik gee asof 'n mens deur 'n strooitjie kyk.

Met WAAS kan 'n hele gevegsterrein sigbaar wees, ten minste as dit vier vierkante kilometer beslaan. Enige iets wat beweeg, sal deur Gorgon se oog waargeneem word. Die bestaande MTS kan beswaarlik 'n vierkante kilometer onder bewaking inkry.

план бани фотоФільчаков Олександр Васильович прокурор

Polisie gaan soldategeweld ondersoek

Image

Die polisie skiet met rubberkoe?ls op die weermag

Die polisie ondersoek die onwettige betoging deur soldate by die Uniegebou wat gister gewelddadig geraak het toe honderde lede van die getransformeerde SANW (SA Nasionale Weermag) chaos gesaai het.

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa het in 'n verklaring die geweld "sterk veroordeel".

"Terwyl lede van die SANW het die reg om vrylik te vergader en te betoog, maar daar kan geen regverdiging vir hul gedrag wees wat hul status as beskermers van die nasie weerspreek nie," het Mtethwa gesê.

'n Loonbetoging van ongeveer 1 000 soldate, wat almal lede van die SA Nasionale Weermagvakbond is, het in chaos verval toe die groep gepoog het om op die perseel van die Uniegebou te kom.

Die polisie het rubberkoeëls en traangas gebruik om die skare uiteen te jaag. Die soldate het die polisie uitgejou, 'n petrolbom op 'n motor gegooi en ander motors gevandaliseer.

Methethwa het gesê hy het die staking met die minister van verdediging en oorlogsveterane, Lindiwe Sisulu, bespreek en dat 'n ondersoek aan die gang is.

Diegene wat aan wetsoortredings skuldig bevind word, sal gestraf word, het hy gesê.

внутреннее освещение помещенийДанильченко Юрий Брониславович компромат

VSA help glo met wapens van Iran na Bosniese Moslems

Voormalige Serwiese leier van Bosnië, Radovan Karadzic, het aan Associated Press gesê hy samel getuienis in dat die VSA gehelp het om wapens van Iran na Bosniese Moslems te verskeep gedurende die oorlog in sy land.

Karadzic se verhoor sal binne die volgende paar weke voor die internasionale strafhof dien. Hy word aangekla van misdaad teen die mensdom en volksmoord gedurende die Bosniese oorlog waarin meer as 100 000 mense omgekom het.

In skriftelike antwoorde op vrae van die nuusagentskap, het Karadzic gesê hy het versoeke aan verskeie lande gerig om dokumentasie te lewer wat sy beweringe sal staaf dat hulle tussen 1992 en 1995, gedurende die konflik, 'n VN-wapenembargo oortree het.

Hy het gesê dit sluit direkte voorsiening van Amerikaanse militêre toerusting aan Bosniese Moslems in, asook Irannese wapens wat met die VSA se ondersteuning deur Kroasië gestuur is.

розвиваючі ігри для дітей 2-3 роківлобановский александр игоревич харьков

‘n Groen aanleg

Om na groener en meer omgewingsvriendelike motors oor te skakel, sal geen sin maak indien die fabrieke wat sulke motors vervaardig nie ook aan dieselfde streng vereistes voldoen nie.

'n Besoek aan die Tsutsumi-fabriek in Toyotastad, naby Nagoya in Japan, toon gou dat die vervaardiger omgewingskwessies ernstig opneem.

Die interessantste feit omtrent die aanleg is dat die gebou self help om die plaaslike omgewing skoon te maak. Die 22 000 vierkante meter wat die oppervlak van die gebou beslaan, is met 'n spesiale fotokatalitiese verf bedek.

Dié verf reageer met sonlig om aktiewe suurstof in die atmosfeer vry te stel. Dit breek dan skadelike verbindings van stikstofoksied (NOx) af. Om verder te help om CO2 te verminder, het werknemers van die Tsutsumi-fabriek en plaaslike inwoners in 2008 50 000 bome om die fabriek geplant.

Die helfte van Tsutsumi se elektrisiteitsbehoeftes word deur 'n verskeidenheid sonpanele met 'n oppervlak van 50 000 vierkante meter gedek wat 2 000 kW energie per uur kan verskaf. Die balans word verkry deur 'n doeltreffende gas kogenerasiestelsel.

Beligting is energiedoeltreffend en die verbruik word streng gemonitor. Die fabrieksontwerp is daarop gemik om natuurlike lig te bevoordeel en 'n beheerstelsel skakel outomaties alle onnodige ligte af.

Tsutsumi stuur geen afval of vullis uit die fabrieksgronde nie. Die hoeveelheid afval wat op die perseel verbrand word is tussen 1999 en 2006 met 82% verminder na 730 ton en die uiteindelike doelwit is om geen afval te verbrand nie.

Tussen 2003 en 2007 is die uitlate van die aanleg met 36% verminder en gedurende dieselfde tyd is die afval wat met 21% verminder deur van minder volatiele organiese materiaal gebruik te maak, 48% minder, en watergebruik is met 14% afgebring.

Tsutsumi gebruik 'n uitgebreide waterherwinningstelsel wat die volume water wat vrygestel word halveer het. Die water wat wel uitvloei, is skoner as die water in die bestaande bronne.

купить интернет магазин украиналобановский класс харьков

Vrede in Midde-Ooste kry nuwe asem

President Barack Obama gaan volgens die Britse Guardian 'n aankondiging doen oor die vredesonderhandelinge wat tot stilstand gekom het tussen Israel en die Palestyne. Volgens 'n nuwe ooreenkoms het Israel blykbaar ingestem om die uitbou van Joodse nedersettings te staak in ruil vir strenger Amerikaanse sanksies teen Iran.

Obama wil die aankondiging teen die einde van September maak. Hy sal dit by die Algemene Vergadering van die VN in New York, in die week van 23 September doen of by die G20-spitsberaad in Pittsburgh, September 24-25.

Iran is 'n eksistensiële bedreiging vir Israel, terwyl die nedersettings nie is nie, sê 'n onderhandelaar wat anoniem wil bly.

Die VSA, Brittanje en Frankryk sal aanstons die Veiligheidsraad druk om sanksies teen Iran uit te brei sodat dit die olie- en gasnywerhede insluit.

Israel wil ook hulle verhoudinge met hulle Arabiese bure normaliseer. Dit sluit die reg vir die El Al-lugdiens om Arabiese lande se lugruim te gebruik, in. Israel vra ook dat buurlande hulle verbod op reisigers met stempels van Israel in hulle paspoorte, nietig verklaar.

'n Meningsopname in Israel het Woensdag aangetoon dat die ooreenkoms om Joodse nedersettings te staak, nie gewild is by Israeli's nie. Byna twee-derdes is daarteen gekant.

 

Diplomate in Wene sê dat Iran sedert die einde van Mei nog nie verdere uraanverrykingssentrifuges opgerig het nie, nadat hulle voorheen hulle kapasiteit oor drie agtereenvolgende jare uitgebou het.

 

"Daar is geen bykomende sentrifuges wat uraan verryk sedert die einde van Mei nie," het 'n senior diplomaat, wat anoniem wou bly, in Wene gesê.

 

Die IAEA sal na verwagting hierdie week 'n verslag bekend maak oor die verlangsaamde pas waarteen Iran sentrifuges uitbrei. Die verslag sal waarskynlik ook 'n invloed op die vredesonderhandelinge in die Midde-Ooste wat binnekort hervat gaan word, hê.

 

цена ремонта квартиры за квадратный метрлобановский депутат

Polisie skiet op weermag

Lede van die polisie het rubberkoeëls en traangas op ‘n groep van 1 000 soldate gevuur nadat hulle by die Uniegebou probeer inbreek het.

Die departement van verdediging het Woensdag gesê die polisie het met die “nodige geweld” opgetree toe ‘n groep betogers oor ‘n heining buite die gebou probeer klim het.

Die betogers is lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW).

Volgens ‘n woordvoerder vir die departement, Ndivhuwo Mabaya, het die betogers motors beskadig en ‘n militêre voertuig aan die brand gesteek.

Een betoger is lig beseer.

Die protesoptog deur SANW-soldate is vroeër Woensdag deur die hooggeregshof in Pretoria onwettig verklaar.

Die soldate het aansoek gedoen om ’n optog na die Uniegebou te voer oor salarisse.

 

ближайшая стоматологияЛобановский Харьков