Voormalige Serwiese leier van Bosnië, Radovan Karadzic, het aan Associated Press gesê hy samel getuienis in dat die VSA gehelp het om wapens van Iran na Bosniese Moslems te verskeep gedurende die oorlog in sy land.
Karadzic se verhoor sal binne die volgende paar weke voor die internasionale strafhof dien. Hy word aangekla van misdaad teen die mensdom en volksmoord gedurende die Bosniese oorlog waarin meer as 100 000 mense omgekom het.
In skriftelike antwoorde op vrae van die nuusagentskap, het Karadzic gesê hy het versoeke aan verskeie lande gerig om dokumentasie te lewer wat sy beweringe sal staaf dat hulle tussen 1992 en 1995, gedurende die konflik, 'n VN-wapenembargo oortree het.
Hy het gesê dit sluit direkte voorsiening van Amerikaanse militêre toerusting aan Bosniese Moslems in, asook Irannese wapens wat met die VSA se ondersteuning deur Kroasië gestuur is.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.