Obama wys nuwe CIA-hoof aan

ImageLeon Panetta, 'n voormalige lid van die kongres en die Withuis se stafhoof is deur Barack Obama gekies om die nuwe hoof van die CIA te wees. Die keuse, wat Maandag bekend gemaak is, het onmiddellik divisie in die party ontbloot nadat twee senior mense gevra het hoekom Obama 'n kandidaat nomineer wat baie beperkte ervaring het van intelligensie aangeleenthede.

Lees verder: Obama wys nuwe CIA-hoof aan

Franse Nuwejaar met brandende motors gevier

ImageTen minste 445 karre is aan die brand gesteek oor Nuwejaarsnag in Frankryk. Dit is 'n styging van 20% teenoor verlede jaar, maar daar was relatief min botsings met die polisie, het die ministerie van binnelandse sake en polisie Dinsdag gesê.

Lees verder: Franse Nuwejaar met brandende motors gevier

DRK-rebelleleier ontken leierskapsverandering

ImageEen van die Kongo se hoof rebelle militêre leiers het laat Maandag ontken dat Laurent Nkunda, die hoof van die Nasionale Kongres vir die Verdediging van die Mense (NKVM) deur 'n ontevrede groep uit sy posisie verwyder is.

Lees verder: DRK-rebelleleier ontken leierskapsverandering

Vakansiesterftes weens motorongelukke laer as in 2007

Padsterftes het in Desember gedaal tot 937 in vergelyking met 1535 sterftes wat aangeteken is in die 2007 vakansieseisoen, het die departement van vervoer Maandag gesê.

Lees verder: Vakansiesterftes weens motorongelukke laer as in 2007