Die voorval het Woensdagmiddag plaasgevind toe die vliegtuig die aanloopbaan byster geraak het terwyl dit besig was om te land. Geen enrstige beserings is aangemeld nie en traumaberading is aan die passasiers op die toneel verskaf.
Vogens Comair-woordvoerder Glenda Zvenyika, sal die ondersoek die volgende insluit: gedetailleerde besprekings met die bemanning, verdere vliegtuiginspeksie, nagaan van transkripsies van opnames vanaf Lugbeheer, 'n volle ontleding van weersomstandighede tydens die voorval, asook 'n ontleding van vlugdata en die kajuitstemopnames.
Die vliegtuig is lig beskadig en sal vandag na Johannesburg teruggevlieg word.
Volgens Zvenyika is die 87 passasiers gister deur Comair gekontak om na hul welstand te verneem en ook om verdere inligting oor die voorval te bekom.

Stephen Hawking, die Nobelpryswenners David Gross en George Smoot, asook Nasa-adminstrateur Michael Griffin het almal hul eerste wetenskapsreis na Afrika afgelê.
Die minister van staatsdiens en administrasie, Geraldine Fraser-Moleketi, het gister in reaksie op `n toespraak deur dr. Frik van Heerden, VF Plus-LP in die Nasionale Raad van Provinsies, gesê dat haar departement nie regstellende aksie gaan opskort nie.
Die Pretoriase Hoërhof het gister 'n belangwekkende uitspraak gegee wat Sjinese Suid-Afrikaners as swart mense klassifiseer. Hulle sal nou kan aanspraak maak op die status van 'n voorheen benadeelde groep.