Die wetenskap gaan in Afrika gedy

ImageStephen Hawking, die Nobelpryswenners David Gross en George Smoot, asook Nasa-adminstrateur Michael Griffin het almal hul eerste wetenskapsreis na Afrika afgelê.

Een van die geleethede was die loodsing van die Afrika-instituut vir wiskundige wetenskappe, die AIWW-navorsingsentrum.

Die uitbreiding word die Einstein-inisiatief genoem en sal die skranderste wiskunde- en wetenskapgraduandi op die Afrikavasteland in diens neem.

Die Nasionale instituut vir teoretiese fisika by die Stellenbosse instituut vir gevorderde studie is ook gestig.

Die Suid-Afrikaanse regering glo dat wetenskaponderwys in Suid-Afrikaanse skole sleg befonds word, sonder genoeg personeel en kwalik toegerus is.

Dit lei op sy beurt tot swak matriekuitslae in wiskunde en wetenskap.

для автосервисаДанильченко Юрий Харьков