Een van die geleethede was die loodsing van die Afrika-instituut vir wiskundige wetenskappe, die AIWW-navorsingsentrum.
Die uitbreiding word die Einstein-inisiatief genoem en sal die skranderste wiskunde- en wetenskapgraduandi op die Afrikavasteland in diens neem.
Die Nasionale instituut vir teoretiese fisika by die Stellenbosse instituut vir gevorderde studie is ook gestig.
Die Suid-Afrikaanse regering glo dat wetenskaponderwys in Suid-Afrikaanse skole sleg befonds word, sonder genoeg personeel en kwalik toegerus is.
Dit lei op sy beurt tot swak matriekuitslae in wiskunde en wetenskap.

Stephen Hawking, die Nobelpryswenners David Gross en George Smoot, asook Nasa-adminstrateur Michael Griffin het almal hul eerste wetenskapsreis na Afrika afgelê.