Vier van MDC vermoor

Die MDC blameer vandag in Harare die dood van vier Zimbabwiese opposisie-aktiviste wat dood aangetref is op die regerende party.

Die vier MDC-jeuglede is Dinsdag ontvoer en hul liggame is naby die stad gevind. Hulle is doodgeslaan.

Te midde van tekens van 'n nuwe onderdrukking op die vooraand van aanstaande week se presidentsverkiesing, het die Zimabwiese polisie ook 'n nuut verkose opposisielid van die parlement in hegtenis geneem en ses ander op 'n gesoekte lys geplaas, volgens die staatsmedia.

Die opposisieleier Morgan Tsvangirai, wat teen Mugabe te staan kom in die uitklopverkiesing op 27 Junie, is reeds vyf keer aangehou.

real casino gamesФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae