Sjinese is nou amptelik swart

ImageDie Pretoriase Hoërhof het gister 'n belangwekkende uitspraak gegee wat Sjinese Suid-Afrikaners as swart mense klassifiseer. Hulle sal nou kan aanspraak maak op die status van 'n voorheen benadeelde groep.

Regter Cynthia Pretorius het gelas dat Sjinese Suid-Afrikaners ingesluit word by die definisie wat aan Afrikane, Kleurlinge en Indiërs gegee word sodat hulle in ag geneem word vir Swart Ekonomiese Bemagtiging sowel as die Wet op Gelyke Indiensneming.

Geen staatsdepartement het die aansoek teengestaan nie en die staat het ingestem om die regskoste te dra. Sjinese Suid-Afrikaners is in die verlede onder die vorige bedeling as Kleurlinge geklassifiseer
 
George Bizos het die Sjinese gemeenskap verteenwoordig.

купить платья для новорожденныхтопкарго развод

Maak 'n opvolg-bydrae