Nhlanhla Gumede, onder-direkteurgeneraal van brandstof en energiebeplanning, sê dat Suid-Afrika nie sal kan voorsien in sy brandstofbehoefte nie en dat dringende maatreëls benodig word om die krisis die hoof te bied.
Gumede, wat die Parlement ingelig het oor die regering se energieplan, het daarop gewys dat 'n noodsaaklike nuwe brandstofpyplyn wat aangelê word reeds agter konstruksiespertye geraak het.
Transnet onderneem die bou van die die R11 miljard pyplyn tussen Durban and Gauteng.
Sonder vloeibare brandstowwe sal die Suid-Afrikaanse ekonomie R1 miljard per dag verloor omdat 22,2% van die BBP afhang van die beskikbaarheid van vloeibare brandstof.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.