Comair stel ondersoek in na vliegongeluk in Durban

Comair se vliegveiligheidspan het gister met 'n ondersoek begin na die voorval waarin 'n British Airways-vliegtuig van die aanloopbaan by die Durbanse Internasionale Lughawe af gegly het.

Die voorval het Woensdagmiddag plaasgevind toe die vliegtuig die aanloopbaan byster geraak het terwyl dit besig was om te land. Geen enrstige beserings is aangemeld nie en traumaberading is aan die passasiers op die toneel verskaf.

Vogens Comair-woordvoerder Glenda Zvenyika, sal die ondersoek die volgende insluit: gedetailleerde besprekings met die bemanning, verdere vliegtuiginspeksie, nagaan van transkripsies van opnames vanaf Lugbeheer, 'n volle ontleding van weersomstandighede tydens die voorval, asook 'n ontleding van vlugdata en die kajuitstemopnames.

Die vliegtuig is lig beskadig en sal vandag na Johannesburg teruggevlieg word.

Volgens Zvenyika is die 87 passasiers gister deur Comair gekontak om na hul welstand te verneem en ook om verdere inligting oor die voorval te bekom.

10 pound freeлобановский александр жена

Maak 'n opvolg-bydrae