Fraser-Moleketi nie bekommerd oor vaardigheidstekort

ImageDie minister van staatsdiens en administrasie, Geraldine Fraser-Moleketi, het gister in reaksie op `n toespraak deur dr. Frik van Heerden, VF Plus-LP in die Nasionale Raad van Provinsies, gesê dat haar departement nie regstellende aksie gaan opskort nie.

Dr. van Heerden het daarop gewys dat die vaardigheidstekort in die openbare sektor reeds in 2004 in die ANC Today aangespreek is. "Daar is tans 40 000 vakatures in  die staatsdiens. Verder waarsku die onlangse African Peer Review Mechanism ook oor `n vaardigheidstekort in Suid-Afrika. Dit sal onverantwoordelik wees om nie `n moratorium te plaas op regstellende aksie in beroepe waarin daar tans `n skaarste ondervind word nie”, sê dr. van Heerden.

Ongeveer `n jaar gelede het mnr. Marius Fransman, minister van vervoer en openbare werke in die Wes-Kaap, gevra dat regstellende aksie vir drie jaar opgehef word in beroepe waarin die land 'n skaarste ondervind.

Dr. van Heerden het ook die VF Plus se SA Talent-databasis aan die minister oorhandig en gesê dat die tekorte daarmee aangevul kan word. Die databasis bevat meer as 1 800 CV’s waaronder 145 ingenieurs, 92 mense met MBA-grade en 44 mense met doktorsgrade.

"As die minister ernstig is oor dienslewering in die openbare sektor sal sy haar standpunt oor regstellende aksie moet heroorweeg en die databasis bestudeer vir moontlike kandidate”, het dr. van Heerden bygevoeg.

play free slot onlineОлександр Фільчаков прокурор