Suid-Afrika se opvoedingstelsel is besig om te misluk, s? Pandor

Image

Naledi Pandor… pessimisties

Suid-Afrika se opvoedingstelsel onderpresteer, sê die minister van onderwys, Naledi Pandor.

Sy het gewaarsku dat die prestasie in wiskunde en wetenskap beroerd is.

Pandor het by die Universiteit van die Witwatersrand gepraat. Sy het gesê dat Suid-Afrika gekonfronteer is met onvoldoende infrastruktuur, asook vervreemde en ongemotiveerde onderwysers.

Sy het die slaagsyfers aan vele universiteite as uiters kommerwekkend beskryf.

Onlangse navorsing het getoon dat meer aandag gegee moet word aan hoe opvoeding, indiensneming en entrepreneurskap met mekaar verbind is.

Werkgewers kla dikwels oor taalvaardigheid, gebrek aan werksetiek en die afwesigheid van analitiese vermoëns.

Alle studente behoort 'n basiese kennis van ten minste een van die inheemse tale van Suid-Afrika te hê en 'n inleiding tot Afrikageskiedenis en -kultuur te ontvang, het sy gesê.

лестницы схемыФильчаков Александр Васильевич

Cosatu gaan tot aksie oor

'n Beduidende opkoms word in al nege provinsies verwag vir Cosatu se betogings teen prysverhogings wat vandag plaasvind.

Hulle het belowe om tweemiljoen lede en burgerlikesamelewingsverenigings tydens die nasionale wegbly-aksie te mobiliseer.

Cosatu sê daar is 'n gevaar van afdankings veral in die mynbousektor as gevolg van Eskom se besluit om elektrisiteitsvoorsiening aan sy nywerheidskliënte in te kort.

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het ook 'n beroep op sy 235 000 lede gedoen om die nasionale staking ten volle te ondersteun.

Die beplande opmars na die parlement gaan die grootste staking wees wat Kaapstad oor die afgelope paar jaar beleef het, meen die vakverbond.

mositaldentФільчаков прокурор

Landbou-organisasies ontevrede oor verlenging van grondeise

Landbou-organisasies het hul misnoeë oor die verlenging vir die afhandeling van restitusie-eise met 'n verdere vyf jaar uitgespreek.

Mnr. Paul van der Walt, president van TLU SA, het gesê hulle is heftig gekant teen die verlenging van grondeise. Sy organisasie dring daarop aan dat die spertyd die einde van vanjaar moet bly.

Ook Agri-SA is ontevrede met die proses wat nog 'n verdere vyf jaar gaan sloer en onsekerheid in die mark vir landbougrond gaan verhoog.

Die eerste spertyd vir restitusie-eise was einde 2005. Dit is uitgestel tot einde vanjaar.

Nou gaan dit vir 'n verdere vyf jaar uitgestel moet word.

купить детские игрушки в украинелобановский александр харьков

Beste regsbreine takel Zuma-saak

Twee van die beste en die duurste regsbreine in Suid-Afrika takel die Zuma-saak.

 
Gister het dit duidelik geword dat die regstryd gevoer sal word oor die vraag of die ANC-president tereg behoort te staan vir korrupsie en bedrog.

Senior advokaat Kemp J Kemp, wat vir Zuma verskyn, en senior advokaat Wim Trengove, wat die Skerpioene verteenwoordig, veg oor die kwessie of die aanklagte teen Zuma wettig is of nie.

Verskeie bronne in die nasionale vervolgingsgesag sê indien die staat sy saak verloor, sal die oplossing vir die NV wees om die ANC-leier weer aan te kla.

En indien Zuma sou wen, sal die enigste uitwerking wees om die strafsaak verder uit te stel.

play ikДанильченко Юрий отзывы

Die AA s? die verkeerspolisie ondermyn padveiligheid

Die Outomobielassosiasie sê dat die SAPD en die Metropolisie padveiligheidsmaatreëls ondermyn deur nie self by die basiese reëls te hou nie.
 
Die AA se hoof van openbare betrekkinge, Rob Handfield-Jones, sê dat padveiligheidstatistieke aantoon dat die handhawers die verkeerde voorbeeld stel.

Hy sê die gebruik van sitplekgordels het oor die afgelope tien jaar afgeneem. Dis veral omdat bestuurders of passasiers in die SAPD- of Metro-voertuie konstant sonder sitplekgordels rondry.

Handfield-Jones sê dat wetstoepassingsagentskappe toegelaat word om verkeerswette in noodgevalle te verontagsaam. Maar gedurende alledaagse patrollies behoort verkeersreëls gehoorsaam te word.

Hy het bygevoeg dat die misbruik van ligte en sirenes bloot vir gerief, asook om oor rooi verkeersligte te ry, nie toelaatbaar is nie.

social mediaалександр лобановский харьков класс

Zim-onderhandelinge verloop glad, s? regering

Image

Bob sal liewer president bly…

Onderhandelings tussen Zimbabwe se verskillende politieke partye verloop glad, sê 'n Suid-Afrikaanse amptenaar.

Mukoni Ratshitanga, Mbeki se woordvoerder, sê die samesprekinge duur in Pretoria voort in 'n poging om 'n einde aan Zimbabwe se politieke en ekonomiese krisis te maak.

Mugabe en sy mededinger Tsvangirai het ooreengekom om magsdeling te bespreek.

Hul toekomstige rolle sal egter die hoofstruikelblokke in die onderhandelings wees.

In weerwil van 'n mediaverbod, het amptenare na aan die onderhandelings laat blyk dat daar 'n mate van ongelukkigheid is met die regering se aandrang dat Mugabe as president aanbly.

Gerugte wil hê dat Tsvangirai as een van verskeie visepresidente oorweeg word.

детская парфюмериялобановский александр досье

Zuma-ondersteuners trotseer die koue

Ten minste 1000 ondersteuners het die koue in Pietermaritzburg getrotseer vir die nagwaak vir ANC-president Jacob Zuma.

 
'n Verhoog en skerm is opgerig, en harde musiek is oor die luidspreker gespeel.

SAKP-lede het gesing en slagspreuke geskree. Ander het nagemaakte masjiengewere ter ondersteuning van Zuma gedra.

Hordes plaaslike en buitelandse medieverteenwoordigers het gepoog om Maandag toegang tot die hof te verkry. Slegs 20 sitplekke is aan die media beskikbaar gestel en vele is teleurgestel.

Regter Chris Nicholson sal die saak aanhoor, bygestaan deur advokaat Griffiths Madonsela en privaatprokureur Ranjit JP Purshotam.

Hotelle en gastehuise in die stad is vol bespreek.

фильтр для воздушногопрокурор Фильчаков

Zim-samesprekings gaan voort

Die Zimbabwe-samesprekingsw wat gemik is op 'n onderhandelde skikking tussen die partye, het gister weer begin.

 
President Thabo Mbeki het dit egter nie bygewoon nie. Sy woordvoerder, Mukoni Ratshitanga, het gesê Mbeki woon slegs die geleentheid by wanneer dit nodig raak.

Volgens hom is 'n fasiliteringspan beskikbaar om toesig oor die onderhandelinge te hou.

Die samesprekinge is op 28 Julie verdaag, maar die MDC-leier Tsvangirai het gesê dat geen sperdatum gestel is nie.

Mbeki is onder druk om 'n deurbraak in die Zim-onderhandelinge te behaal voor 'n SAOG-spitsberaad met staatshoofde. Die spitsberaad begin op 16 Augustus.

купить тамбов подъемники ножничныеФільчаков Олександр Васильович

Vyf kinders brand dood

Vyf kinders in Durban het doodgebrand to hul kaja Saterdagoggend aan die brand geraak het.

Die eThekwini-brandweer het gesê vier tieners en 'n baba was nie in staat om aan die vlamme te ontkom nie.

Die ma het die kinders toegesluit en uitgegaan.

Die vuur het vinnig versprei en het nog 20 kajas by die Cato Crest-krotbuurt vernietig.

Blykbaar het 'n kers op die bed van die kaja geval.строительство финской сауныФільчаков Олександр Васильович

Die presidensie verwerp aantygings van nuwe wapentransaksie-omkopery

Image

Mbeki, ontvanger van R30m?

08:12:55 Die presidensie het gister die jongste bewerings oor wapentransaksiekorrupsie waarby president Thabo Mbeki betrokke sou wees, verwerp.

'n Voorbladberig in gister se Sunday Times het beweer dat Mbeki R30 miljoen onder die tafel ontvang het en R2 miljoen aan Zuma gegee het.

President Mbeki het na bewering omkoopgeld van R30 miljoen van MAN Ferrostaal ontvang.

Die presidensie het ook bewerings dat Zuma as Mbeki se tussenganger gedurende die wapentransaksie-

onderhandelings ontken.

Die leier van die DA, Hele Zille, het geëis dat Mbeki 'n kommissie van ondersoek instel en sy beweerde betrokkenheid verduidelik.

Sy het gesê dat indien die president omkoopgeld vir sowel Zuma as die ANC moontlik gemaak het, die ANC tot in sy kern verrot is.

Dit sou verklaar waarom Mbeki en die ANC elke poging om die wapentransaksie te ondersoek, gekortwiek het, het Zille bygevoeg.как сделать декоративный камин в квартиреданильченко юрій Харків