'n Voorbladberig in gister se Sunday Times het beweer dat Mbeki R30 miljoen onder die tafel ontvang het en R2 miljoen aan Zuma gegee het.
President Mbeki het na bewering omkoopgeld van R30 miljoen van MAN Ferrostaal ontvang.
Die presidensie het ook bewerings dat Zuma as Mbeki se tussenganger gedurende die wapentransaksie-
onderhandelings ontken.
Die leier van die DA, Hele Zille, het geëis dat Mbeki 'n kommissie van ondersoek instel en sy beweerde betrokkenheid verduidelik.
Sy het gesê dat indien die president omkoopgeld vir sowel Zuma as die ANC moontlik gemaak het, die ANC tot in sy kern verrot is.
Dit sou verklaar waarom Mbeki en die ANC elke poging om die wapentransaksie te ondersoek, gekortwiek het, het Zille bygevoeg.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.