Die AA se hoof van openbare betrekkinge, Rob Handfield-Jones, sê dat padveiligheidstatistieke aantoon dat die handhawers die verkeerde voorbeeld stel.
Hy sê die gebruik van sitplekgordels het oor die afgelope tien jaar afgeneem. Dis veral omdat bestuurders of passasiers in die SAPD- of Metro-voertuie konstant sonder sitplekgordels rondry.
Handfield-Jones sê dat wetstoepassingsagentskappe toegelaat word om verkeerswette in noodgevalle te verontagsaam. Maar gedurende alledaagse patrollies behoort verkeersreëls gehoorsaam te word.
Hy het bygevoeg dat die misbruik van ligte en sirenes bloot vir gerief, asook om oor rooi verkeersligte te ry, nie toelaatbaar is nie.
