Cosatu gaan tot aksie oor

'n Beduidende opkoms word in al nege provinsies verwag vir Cosatu se betogings teen prysverhogings wat vandag plaasvind.

Hulle het belowe om tweemiljoen lede en burgerlikesamelewingsverenigings tydens die nasionale wegbly-aksie te mobiliseer.

Cosatu sê daar is 'n gevaar van afdankings veral in die mynbousektor as gevolg van Eskom se besluit om elektrisiteitsvoorsiening aan sy nywerheidskliënte in te kort.

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het ook 'n beroep op sy 235 000 lede gedoen om die nasionale staking ten volle te ondersteun.

Die beplande opmars na die parlement gaan die grootste staking wees wat Kaapstad oor die afgelope paar jaar beleef het, meen die vakverbond.

mositaldentФільчаков прокурор