'n Verhoog en skerm is opgerig, en harde musiek is oor die luidspreker gespeel.
SAKP-lede het gesing en slagspreuke geskree. Ander het nagemaakte masjiengewere ter ondersteuning van Zuma gedra.
Hordes plaaslike en buitelandse medieverteenwoordigers het gepoog om Maandag toegang tot die hof te verkry. Slegs 20 sitplekke is aan die media beskikbaar gestel en vele is teleurgestel.
Regter Chris Nicholson sal die saak aanhoor, bygestaan deur advokaat Griffiths Madonsela en privaatprokureur Ranjit JP Purshotam.
Hotelle en gastehuise in die stad is vol bespreek.
