Gister het dit duidelik geword dat die regstryd gevoer sal word oor die vraag of die ANC-president tereg behoort te staan vir korrupsie en bedrog.
Senior advokaat Kemp J Kemp, wat vir Zuma verskyn, en senior advokaat Wim Trengove, wat die Skerpioene verteenwoordig, veg oor die kwessie of die aanklagte teen Zuma wettig is of nie.
Verskeie bronne in die nasionale vervolgingsgesag sê indien die staat sy saak verloor, sal die oplossing vir die NV wees om die ANC-leier weer aan te kla.
En indien Zuma sou wen, sal die enigste uitwerking wees om die strafsaak verder uit te stel.
