Mukoni Ratshitanga, Mbeki se woordvoerder, sê die samesprekinge duur in Pretoria voort in 'n poging om 'n einde aan Zimbabwe se politieke en ekonomiese krisis te maak.
Mugabe en sy mededinger Tsvangirai het ooreengekom om magsdeling te bespreek.
Hul toekomstige rolle sal egter die hoofstruikelblokke in die onderhandelings wees.
In weerwil van 'n mediaverbod, het amptenare na aan die onderhandelings laat blyk dat daar 'n mate van ongelukkigheid is met die regering se aandrang dat Mugabe as president aanbly.
Gerugte wil hê dat Tsvangirai as een van verskeie visepresidente oorweeg word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.